Afrika-Eurasië
Voorkoms
Afrika-Eurasië
Oppervlakte | 84 980 532 km² |
---|---|
Bevolking | 6 700 000 000 |
Bevolkingsdigtheid | 70,6 inwoners/km² |
Lande | 147 |
Tydsones | UTC-1 (Kaap Verde) tot UTC+12 (Rusland) |
Afrika-Eurasië is 'n versamelnaam vir 'n gebied wat Afrika, Asië en Europa insluit en word gevorm uit Afrika en Eurasië. Afrika-Eurasië is die grootste kontinent ter wêreld en behels 85% van die wêreld se bevolking en 1/6 van sy oppervlakte. Die term Ou Wêreld word dikwels as sinoniem gebruik, maar beskryf egter die histories-kulturele term, terwyl Afrika-Eurasië as geografiese gebied beskou word.