Paralimpiese Winterspele 2018
XIIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 패럴림픽; hanja: 平昌 冬季 패럴림픽; Pyeongchang Donggye Paereollimpik), is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[2] Dit was die twaalfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Paralimpiese Spele in Suid-Korea.
Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Die spanne van Georgië, Noord-Korea en Tadjikistan het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Die Russiese span is soos by die Olimpiese Winterspele 2018 van die Paralimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]
Die Olimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 25 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) in Pyeongchang gehou.
Toewysing
[wysig | wysig bron]As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2018 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2018.[4] Pyeongchang is op 6 Julie 2011 in Durban deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2018 aangewys. Ander kandidate was: München en Annecy.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2018[5] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | |||||
Pyeongchang | Suid-Korea | 63 | |||||
München | Duitsland | 25 | |||||
Annecy | Frankryk | 7 |
Sporte
[wysig | wysig bron]6 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (30)
- Heg-en-steg-ski (20)
- Paratweekamp (18)
- Rolstoelysbal (1)
- Sleehokkie (1)
- Sneeuplankry (10)
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Maart 2018 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | Goue medaljes |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | SS | |||||||||
Alpeski | 6 | 6 | 6 | 3 | 3 | 3 | 3 | 30 | |||
Heg-en-steg-ski | 2 | 4 | 6 | 6 | 2 | 20 | |||||
Paratweekamp | 6 | 6 | 6 | 18 | |||||||
Rolstoelysbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||
Sleehokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||
Sneeuplankry | 5 | 5 | 10 | ||||||||
Totaal | 0 | 12 | 8 | 9 | 12 | 9 | 3 | 11 | 10 | 6 | 80 |
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Andorra (1)
- Argentinië (2)
- Armenië (1)
- Australië (12)
- België (2)
- Bosnië en Herzegowina (1)
- Brasilië (3)
- Bulgarye (1)
- Chili (4)
- Denemarke (1)
- Duitsland (20)
- Finland (13)
- Frankryk (12)
- Georgië (2)
- Griekeland (1)
- Hongarye (2)
- Iran (5)
- Italië (26)
- Japan (38)
- Kanada (52)
- Kasakstan (6)
- Kroasië (7)
- Meksiko (1)
- Mongolië (1)
- Nederland (9)
- Neutrale Paralimpiese Atlete (30)
- Nieu-Seeland (3)
- Noord-Korea (2)
- Noorweë (32)
- Oekraïne (20)
- Oesbekistan (1)
- Oostenryk (13)
- Pole (9)
- Roemenië (1)
- Serwië (1)
- Slowakye (11)
- Slowenië (1)
- Spanje (3)
- Suid-Korea (36)
- Swede (24)
- Switserland (13)
- Tadjikistan (1)
- Tsjeggië (21)
- Turkye (1)
- Verenigde Koninkryk (14)
- Verenigde State (68)
- Volksrepubliek China (26)
- Belarus (14)
- Ysland (1)
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 68 | 13 | 15 | 8 | 36 |
2 | Neutrale Paralimpiese Atlete (NPA) | 30 | 8 | 10 | 6 | 24 |
3 | Kanada (CAN) | 52 | 8 | 4 | 16 | 28 |
4 | Frankryk (FRA) | 12 | 7 | 8 | 5 | 20 |
5 | Duitsland (GER) | 20 | 7 | 8 | 4 | 19 |
6 | Oekraïne (UKR) | 20 | 7 | 7 | 8 | 22 |
7 | Slowakye (SVK) | 11 | 6 | 4 | 1 | 11 |
8 | Belarus (BLR) | 14 | 4 | 4 | 4 | 12 |
9 | Japan (JPN) | 38 | 3 | 4 | 3 | 10 |
10 | Nederland (NED) | 9 | 3 | 3 | 1 | 7 |
Totaal (26 NPKs) | 569 | 80 | 80 | 81 | 241 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Paralimpiese Somerspele 1988 in Seoel
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "IPC Governing Board meeting finishes in Tokyo". Internasionale Paralimpiese Komitee. 7 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2018. Besoek op 18 Maart 2018.
- ↑ (en) "IOC suspends Russian NOC and creates a path for clean individual athletes to compete in Pyeongchang 2018 under the Olympic flag". Internasionale Olimpiese Komitee. 5 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
- ↑ (en) "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
- ↑ (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 18 Maart 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Winterspele 2018. |
- (en) Pyeongchang 2018 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 10 Julie 2011 op Wayback Machine van die Spele