Paralimpiese Winterspele 1992
Ve Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 1992 (Frans: Les Ve Jeux paralympiques d'hiver) is tussen 25 Maart en 2 April 1992 in Tignes-Albertville, Frankryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 365 atlete uit 24 nasies aan 79 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die vyfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste, wat op dieselfde plek as die Olimpiese Winterspele gehou is, asook die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.
Die Olimpiese Winterspele 1992 is tussen 8 en 23 Februarie in Albertville gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1992 is tussen 3 en 14 September in Barcelona aangebied, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid aangbied is.
Sporte
[wysig | wysig bron]3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- Alpeski (48)
- Heg-en-steg-ski (27)
- Paratweekamp (4)
Deelnemende nasies
[wysig | wysig bron]Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Australië (5)
- België (3)
- Denemarke (5)
- Duitsland (36)
- Estland (1)
- Finland (17)
- Frankryk (31)
- Italië (27)
- Japan (15)
- Kanada (19)
- Liechtenstein (1)
- Nederland (7)
- Nieu-Seeland
- Noorweë (23)
- Oostenryk (31)
- Pole (13)
- Spanje
- Suid-Korea (2)
- Swede (9)
- Switserland (19)
- Tsjeggo-Slowakye (16)
- Verenigde Koninkryk (15)
- Verenigde span (21)
- Verenigde State (29)
Getal medaljes
[wysig | wysig bron]Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Verenigde State (USA) | 29 | 20 | 16 | 9 | 45 |
2 | Duitsland (GER) | 36 | 12 | 17 | 9 | 38 |
3 | Verenigde span (EUN) | 21 | 10 | 8 | 3 | 21 |
4 | Oostenryk (AUT) | 31 | 8 | 3 | 9 | 20 |
5 | Finland (FIN) | 17 | 7 | 3 | 4 | 14 |
6 | Frankryk (FRA) | 31 | 6 | 4 | 9 | 19 |
7 | Noorweë (NOR) | 23 | 5 | 5 | 4 | 14 |
8 | Switserland (SUI) | 19 | 3 | 8 | 4 | 15 |
9 | Kanada (CAN) | 19 | 2 | 4 | 6 | 12 |
10 | Pole (POL) | 13 | 2 | 0 | 3 | 5 |
11 | Nieu-Seeland (NZL) | – | 2 | 0 | 0 | 2 |
12 | Australië (AUS) | 5 | 1 | 1 | 2 | 4 |
Swede (SWE) | 9 | 1 | 1 | 2 | 4 | |
14 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 16 | 0 | 4 | 2 | 6 |
15 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 15 | 0 | 1 | 4 | 5 |
16 | Italië (ITA) | 27 | 0 | 1 | 3 | 4 |
Spanje (ESP) | – | 0 | 1 | 3 | 4 | |
18 | Denemarke (DEN) | 5 | 0 | 1 | 0 | 1 |
19 | Japan (JPN) | 15 | 0 | 0 | 2 | 2 |
Totaal (24 NPKs) | 365 | 79 | 78 | 78 | 235 |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Winterspele 1992.
- (en) Tignes-Albertville 1992 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.