Mälarmeer
Mälarmeer | |
---|---|
Die Mälarmeer in die skemer | |
Kaart van die Mälarmeer | |
Koördinate: | 59°26′N 17°4′O / 59.433°N 17.067°O |
Ligging: | Swede |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 1 073 km² (414 myl²)[1] |
Gemiddelde diepte: | 12,8 m (42 vt)[1] |
Maksimum diepte: | 66 m (216,5 vt)[1] |
Volume: | 14,3 km³ (3,4 myl³)[1] |
Lengte: | 120 km (74,6 myl)[1] |
Breedte: | 65 km (40,4 myl)[1] |
Opvangsgebied: | 22 600 km² (8 725,9 myl²)[1] |
Invloei: | Arbogaån, Hedströmmen, Köpingsån, Kolbäcksån, Eskilstunaån, Svartån, Enköpingsån, Fyrisån |
Uitvloei: | Norrström |
Eiland/e: | Selaön, Ekerö, Björkö, Helgö |
Nedersettings: | Stockholm, Västerås en Södertälje |
Die Mälarmeer (Sweeds: Mälaren, [ˈmɛ̂ːlarɛn] of [ˈmɛ̂ːlaɳ], ) is die negende grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 073 km². Daarbenewens is dit die derde grootste meer van Swede ná die Vänernmeer en die Vätternmeer. Dit is in die ooste van Swede, net wes van die Sweedse hoofstad Stockholm, geleë en grens aan die provinsies Västmanland, Uppland en Södermanland.
Nog tydens die Wikingtydperk was die Mälarmeer 'n deel van die Oossee en dit is eers deur postglasiale opheffing geskei. Die meer se oppervlakte is slegs 70 cm bo seevlak. Die Mälarmeer word verbind met die Oossee deur die Norrström wat deur Stockholm vloei. Dit is veral belangrik vir watervoorsiening van die metropolitaanse gebied Stockholm met sowat 2,4 miljoen inwoners. Die Mälarmeer is ook 'n gewilde vakansieplek onder Stockholmers.
Tydens die Olimpiese Somerspele 1912 is die fietsren rondom die Mälarmeer beslis. Dié wedren is gewen deur Rudolph Lewis wat sodoende die eerste Suid-Afrikaner geword het om 'n goue medalje in dié item in te palm.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mälarmeer.
- (en) "Lake Mälaren". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 Mei 2024.