[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Jane Sithole

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jane Sithole
mens
GeslagvroulikWysig
Gegewe naamJaneWysig
BeroeppolitikusWysig
Lid van politieke partyDemokratiese AlliansieWysig

Raesetja Jane Sithole (gebore 23 Augustus 1970)[1] is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert Junie 2024 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika is en die Demokratiese Alliansie verteenwoordig.

Sithole het vanaf Mei 2014 as 'n lid van die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer gedien, en is ook die provinsiale leier van die Mpumalanga Demokratiese Alliansie.[2][3]

Opvoeding

[wysig | wysig bron]

Sithole het 'n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Sithole het 'n Nasionale Diploma (T3) in Kantooradministrasie van die Tshwane Universiteit van Tegnologie, asook 'n Nagraadse Diploma in Politieke Leierskap en Bestuur aan die Wits Bestuurskool verwerf. Sithole het ook 'n Bestuursontwikkelingsprogram (MDP)-sertifikaat en ook 'n Senior Bestuursprogram (SMP)-sertifikaat van die Nagraadse Bestuurskool aan die Universiteit van Pretoria ontvang.

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Sithole het in 1999 by die Demokratiese Alliansie, voorheen bekend as die Demokratiese Party, aangesluit.[4] Sy het van 2000 tot 2014 as raadslid van beide die Emalahleni Plaaslike Munisipaliteit en die Nkangala-distriksmunisipaliteit gedien. Sithole was van 2007 tot 2014 die hoofsweep van Emalahleni DA-koukus.

Op 20 September 2018 is aangekondig dat Sithole die Demokratiese Alliansie se Mpumalanga Premier-kandidaat vir die 2019 verkiesing sal wees.[5][6] Sithole is in Oktober 2020 onbestrede as provinsiale leier herkies.[7] Sy het John Steenhuisen, tussentydse DA-leier, se veldtog om vir 'n volle termyn leier van die party te word by die party se Federale Kongres ondersteun.[8]

Sithole is op die provinsiale kongres in Februarie 2023 herkies tot nog 'n termyn as die party se provinsiale leier,[9] en het van 2018 tot 2024 as die leier van die Demokratiese Alliansie-koukus in die Mpumalanga Provinsiale Wetgewer gedien.

Op die 14de Junie 2024 is sy as 'n Parlementslid vir die Demokratiese Alliansie beëdig.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. NPE2024 - Nasionale Kandidatelys soos op 10 April 2024
  2. De Villiers, Mireille. Woman set to lead the DA in Mpumalanga for the first time. Lowvelder. 23 Januarie 2018. Besoek op 27 December 2018.
  3. Jane Sithole now heads Mpumalanga DA leadership. Ridge Times. 9 Maart 2018. Besoek op 27 Desember 2018.
  4. New DA leader weeps when recalling how Koos Venter supported her, 013News, 5 Maart 2018. Besoek 12 April 2020
  5. Sithole and McGluwa to lead DA campaign for change in Mpumalanga and North West. Democratic Alliance. Besoek op 27 Desember 2018.
  6. Motloung, Neo. Sithole announced as DA's premier candidate for Mpumalanga, JacarandaFM. 20 September 2019. Besoek op 27 Desember 2018.
  7. "Jane Sithole re-elected as Mpumalanga DA leader following virtual political congress". The Citizen. 10 Oktober 2019. Besoek op 16 November 2020.
  8. "DA elective conference: Who supports who?". News24. Besoek op 16 November 2020.
  9. "'We don't steal votes and we don't steal money'". SABC News - Breaking news, special reports, world, business, sport coverage of all South African current events. Africa's news leader. (in Engels). 18 Februarie 2023. Besoek op 19 Februarie 2023.

Eksterne skakel

[wysig | wysig bron]