Huis van Bernadotte
Huis van Bernadotte |
---|
Stigter | Jean-Baptiste Bernadotte |
---|---|
Land | Swede |
Koning | Carl XVI Gustaf (1973-) |
Titel | Koning van Swede |
Voorganger | Gustaf VI Adolf |
Vermoedelike opvolger | Kroonprinses Victoria |
Land | Noorweë |
Laaste koning | Oscar II (1872–1905) |
Titel | Koning van Noorweë |
Voorganger | Karl IV |
Die Huis van Bernadotte, die huidige koningshuis van Swede, regeer sedert 1818. Tussen 1818 en 1905 was dit ook die koningshuis van Noorweë.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Ná die Finse Oorlog in 1809 het Swede Finland verloor. Laasgenoemde land het eeue lank die oostelike helfte van die Sweedse Ryk uitgemaak. Die woede en griewe teenoor koning Gustaf IV Adolf het ’n staatgreep bespoedig en Gustav Adolf se oom, die kinderlose Karl XIII, het hom vervang. Dit was net ’n tydelike oplossing en in 1810 het die Sweedse Riksdag die Deense prins Christian August van Augustenborg as troonopvolger gekies. As Sweedse kroonprins het hy die naam Karl August aangeneem; hy is egter later dieselfde jaar dood.
Omdat Napoleon I keiser van Frankryk was en direk of indirek oor ’n groot deel van kontinentale Europa geheers het, het die Sweedse parlement gedink dit sou net prakties wees om ’n koning te kies wat Napoleon sou goedkeur. Op 21 Augustus 1810 het die Riksdag Jean-Baptiste Bernadotte, maarskalk van Frankryk, as nuwe troonopvolger gekies.
Bernadotte, wat gebore is in die dorp Pau in die provinsie Béarn, Frankryk, se suster was getroud met Joseph, Napoleon se ouer broer, en hy is in 1804 tot maarskalk van Frankryk bevorder.
As kroonprins van Swede het hy die naam Karl Johan aangeneem en amptelik as regent waargeneem tydens die res van Karl XIII se bewind. Hy het in 1814 ’n gedwonge vereniging tussen Swede en Noorweë bewerkstellig in die Veldtog teen Noorweë. Jean-Baptiste Bernadotte het van 5 Februarie 1818 tot met sy dood op 8 Maart 1844 as koning Karl XIV van Swede en Karl III Johan van Noorweë regeer.
Die Huis van Bernadotte het oor albei lande regeer tot in 1905 met die ontbinding van die unie tussen Swede en Noorweë. Prins Karl van Denemarke, ’n kleinseun van koning Karl XV, is toe as Noorweë se nuwe koning gekies.
Konings van Swede en Noorweë
[wysig | wysig bron]Naam | Van | Tot |
---|---|---|
Karl XIV Johan | 1818 | 1844 |
Oscar I | 1844 | 1859 |
Karl XV | 1859 | 1872 |
Oscar II | 1872 | 1907 |
Gustaf V | 1907 | 1950 |
Gustaf VI Adolf | 1950 | 1973 |
Carl XVI Gustaf | 1973 | hede |
Naam | Van | Tot |
---|---|---|
Karl XIV Johan | 1818 | 1844 |
Oscar I | 1844 | 1859 |
Karl XV | 1859 | 1872 |
Oscar II | 1872 | 1905 |
Bron
[wysig | wysig bron]- Jean-Marc Olivier, "Bernadotte Revisited, or The Complexity of a Long Reign (1810–1844)", in Nordic Historical Review, nommer 2, Oktober 2006, pp. 127-137.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Bernadotte