[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Galatea (maan)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Galatea   

Galatea soos gesien deur Voyager 2 (die verlenging is weens beweging)
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott[1] / Voyager 2
Datum Julie 1989
Wentelbaaneienskappe[2]
Epog 18 Augustus 1989
Halwe lengteas 61 953 ± 1 km
Wentelperiode 0,42874431 ± 0,00000001 d
Baanhelling 0,052 ± 0,011°
Satelliet van Neptunus
Fisiese eienskappe
Afmetings 204×184×144 km (±~10 km)[3][4]
Gem. radius 88 ± 4 km[5]
Volume ~2,8×106km³
Massa 2,12 ± 0,08 ×1018 kg[6]
Gem. digtheid ~0,75 g/cm³ (geraam)[5]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0021 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
~0,0021 km/s
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul
Temperatuur ~51 K (geraam)
Skynmagnitude 21,9[5]

Galatea (Grieks: Γαλάτεια), ook bekend as Neptune VI, is die vierde naaste maan van Neptunus. Dit is genoem na een van die 50 Nereïdes in die Griekse mitologie op wie die sikloop Polyphemus vergeefs verlief was.

Galatea in ’n dowwe ringboog naby Neptunus.

Galatea is laat in Julie 1989 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1989 N 4 gekry.[7] Die ontdekking (IAUC 4824) is op 2 Augustus 1989 aangekondig, maar net "10 raampies wat oor 5 dae geneem is" word genoem; die ontdekking was dus die een of ander tyd voor 28 Julie. Die maan het op 16 September 1991 die naam Galatea gekry.[8]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Dit het ’n onreëlmatige vorm en toon geen tekens van geologiese veranderings nie. Dit kan ’n rommelhoop wees wat bestaan uit fragmente van Neptunus se oorspronklike mane, wat opgebreek is tydens versteurings deur die maan Triton kort nadat laasgenoemde in ’n baie eksentrieke oorspronklike wentelbaan vasgevang is.[9]

Galatea se wentelbaan lê onder Neptunus se radius vir sinkroniese wentelbane en dit tol dus langsamerhand na binne vanweë getyvertraging. Dit kan eindelik met die planeet bots of in ’n nuwe planetêre ringstelsel opbreek wanneer dit sy Rochelimiet oorskry vanweë gety-uitrekking.

Dit lyk of Galatea ’n herdersmaan vir Neptunus se Adams-ring 1 000 km buite sy wentelbaan is. 42:43-baanresonansies met Galatea word ook beskou as die waarskynlikste meganisme wat die unieke ringboë in dié ring bymekaarhou.[10] Galatea se massa is geraam na aanleiding van die radiale versteurings wat dit op die ring uitoefen.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Planet Neptune Data http://www.princeton.edu/~willman/planetary_systems/Sol/Neptune/
  2. Jacobson, R. A.; Owen, W. M., Jr. (2004). "The orbits of the inner Neptunian satellites from Voyager, Earthbased, and Hubble Space Telescope observations". Astronomical Journal. 128 (3): 1412–1417. Bibcode:2004AJ....128.1412J. doi:10.1086/423037. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Karkoschka, Erich (2003). "Sizes, shapes, and albedos of the inner satellites of Neptune". Icarus. 162 (2): 400–407. Bibcode:2003Icar..162..400K. doi:10.1016/S0019-1035(03)00002-2. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  4. Williams, Dr. David R. (22 Januarie 2008). "Neptunian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Besoek op 13 Desember 2008.
  5. 5,0 5,1 5,2 "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 24 Oktober 2008. Besoek op 13 Desember 2008.
  6. 6,0 6,1 Porco, C.C. (1991). "An Explanation for Neptune's Ring Arcs". Science. 253 (5023): 995–1001. Bibcode:1991Sci...253..995P. doi:10.1126/science.253.5023.995. PMID 17775342.
  7. Marsden, Brian G. (2 Augustus 1989). "Satellites of Neptune". IAU Circular. 4824. Besoek op 26 Oktober 2011.
  8. Marsden, Brian G. (16 September 1991). "Satellites of Saturn and Neptune". IAU Circular. 5347. Besoek op 26 Oktober 2011.
  9. Banfield, Don; Murray, Norm (Oktober 1992). "A dynamical history of the inner Neptunian satellites". Icarus. 99 (2): 390–401. Bibcode:1992Icar...99..390B. doi:10.1016/0019-1035(92)90155-Z. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  10. Namouni, F.; C. Porco (2002). "The confinement of Neptune's ring arcs by the moon Galatea". Nature. 417 (6884): 45–7. Bibcode:2002Natur.417...45N. doi:10.1038/417045a. PMID 11986660.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]