[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Floyd Shivambu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die agbare Floyd Shivambu
Floyd Shivambu

Lid van die parlement

Persoonlike besonderhede
Gebore Nyiko Floyd Shivambu
1 Januarie 1983 (1983-01-01) (41 jaar oud)
Malamulele, Gazankulu
Politieke party Ekonomiese Vryheidsvegters
Umkhonto we Sizwe-party

Nyiko Floyd Shivambu (gebore 1 Januarie 1983 te Malamulele, Gazankulu) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat tot 15 Augustus 2024 as 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Ekonomiese Vryheidsvegters gedien het.[1] Hy het hom dieselfde dag by Jacob Zuma se Umkhonto we Sizwe-party aangesluit.

Shivambu is in Malamulele, Limpopo, gebore. Hy was die Adjunkpresident en luitenant-hoofbevelvoerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters, die Parlementêre hoofsweep daarvan in die Suid-Afrikaanse Parlement, wat in die Handel en Nywerheidportefeuljekomitee en die Staande Komitee oor Finansies gedien het. Shivambu was ook 'n lid van die Pan-Afrika-parlement, wat in die Komitee vir Landelike Ekonomie, Landbou, Natuurlike Hulpbronne en Omgewing gedien het.[2][3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Masuabi, Queenin (15 Augustus 2024). "Shivambu quits EFF for MK, Malema likens 'pain' to mother's death". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 15 Augustus 2024.
  2. Nyiko Floyd Shivambu :: People's Assembly
  3. | WATCH: Ndlozi, Shivambu kicked out of Parliament | Geargiveer 25 Augustus 2018 op Wayback Machine eNCA