Zapopan
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Meksiko |
Deelstaat | Jalisco |
Koördinate | 20°43′N 103°23′W / 20.717°N 103.383°W |
Gestig op | 8 Desember 1541 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 893,15 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 571 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 1 476 491 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 653/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 5 002 466 |
Tydsone | UTC -6 (CST) |
Somertyd | UTC -5 (CDT) |
Klimaat | |
- Tipe | Subtropiese klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 20,6 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 16,6 / 21,6 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 979,9 mm |
Burgemeester | Juan José Frangie Saade |
Amptelike webwerf | zapopan.gob.mx |
Zapopan (Spaans: [saˈpopan], amptelik: Ciudad de Zapopan) is die tweede grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Jalisco ná die hoofstad Guadalajara en dit is op 8 Desember 1541 deur Spanjaarde gestig. Die stad het in 2020 'n bevolking van 1 476 491 en van 5 002 466 in die metropolitaanse gebied Guadalajara/Zapopan gehad en beslaan 'n oppervlakte van 893,15 km².
Zapopan is geleë net noordwestelik van Guadalajara, noordwes van Meksikostad en suidwes van León. Die stad staan veral bekend vir die maagd van Zapopan, 'n beeld van die Maagd Maria, wat in die 16de eeu geskilder is. Die beeld in die katedraal is deur verskeie Rooms-Katolieke pouse erken en besoek, soos deur Pous Johannes Paulus II. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986.
Die naam is afgelei van die Nahuatl-woorde "tzapotl", wat beteken ander sapote-bome, en "pan" vir tussen.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Zapopan.
- (es) Amptelike webwerf