Transnet
Transnet SOC Ltd. | |
Tipe | Staatsmaatskappy |
---|---|
Gestig | 1 April 1990 |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | P Molefe (Raadsvoorsitter) [1] Michelle Philips (HUB)[2] |
Gebied bedien | Suid-Afrika |
Industrie | Spoorvervoer, hawebestuur, logistiek, pyplynbestuur |
Produkte | Vraglogistiek |
Inkomste | ~R38 miljard (2010) |
Werknemers | 49 078 |
Webwerf | transnet.net |
Transnet is 'n groot staatsbeheerde maatskappy in Suid-Afrika wat vir spoorvervoer, hawens en pyplyne verantwoordelik is. Hulle hoofkantoor is in die Carlton-sentrum in Johannesburg gesetel.[3] Transnet is op 1 April 1990 as 'n beperkte maatskappy gestig. Die meerderheid van die maatskappy se aandele word deur die Departement van Openbare Ondernemings besit. Die maatskappy is gestig nadat sake-eenhede en bedrywighede van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens (SAS&H), asook ander bedrywighede en produkte geherstruktureer is.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Spoorlyne is in die 1850's in die omgewing van Kaapstad en later in Durban ontwikkel. Die eerste spoorlyn in Durban is op 27 Junie 1860 oopgestel. Die aanvanklike netwerk is geskep om landbouprodukte tussen Kaapstad en Wellington te vervoer. Die nuus dat daar goud in die Transvaalse Republiek was, het die regering van die Kaapkolonie (met ondersteuning van die Britse regering) genoop om Kimberley met Kaapstad per spoor te verbind as deel van hulle koloniale droom.[4]
Na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika is die spoorweë van die vier voormalige kolonies mettertyd saamgevoeg. In 1916 is hulle onder 'n enkele staatsbeheerde spoorstelsel verenig met die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens.[5] Later, met die ontwikkeling van kommersiële vliegtuie, het die Suid-Afrikaanse Lugdiens ook 'n deel van hierdie massiewe stelsel van land-, see- en lugvervoer geword.
Op 31 Mei 1961 is die Unie ontbind en het die Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom. Teen 1981 het die regering besluit om die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens langs besigheidslyne te struktureer en vir privatisering voor te berei. In April 1981 het die land se spoorweë, hawens, padvervoer, lugvaart en pyplyne as die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD) bekend geword. Teen die tyd was die onderneming in eenhede en afdelings met 'n sterk klem op plaaslike bestuur gestruktureer.[6]
Met die goedkeuring van die Wet op die Regsopvolging van die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste van 1989 is die weg gebaan om die SAVD van 'n regeringsdepartement na 'n openbare maatskappy om te skakel.[7] Op 1 April 1990, na 80 jaar van regerings- en parlementêre beheer, is die SAVD se naam na Transnet Beperk verander met Spoornet, Portnet, Autonet en Petronet as komponente. Voorstedelike dienste is oorgedra aan die Suid-Afrikaanse Spoorpendelkorporasie, wat onder die vaandel van Metrorail in vyf stedelike gebiede treindienste verskaf. Die staat is die enigste aandeelhouer.
Op 21 Oktober 2018 is dit bevestig dat Transnet se HUB, Siyabonga Gama, afgedank is.[8]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "NEW TRANSNET BOARD". Railways Africa. Besoek op 20 April 2014.
- ↑ "Transnet is 2 miljoen ton agter met sy teiken vir spoorvrag". Netwerk24. Besoek op 12 Augustus 2024.
- ↑ "Contact Us Geargiveer 2 September 2010 op Wayback Machine." Transnet. Besoek op 14 Januarie 2011. "Transnet Limited Head Office Physical Address Carlton Centre 150 Commissioner Street Johannesburg 2001."
- ↑ "argiefkopie" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 Desember 2009. Besoek op 22 Augustus 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 22 Augustus 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 22 Augustus 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2012. Besoek op 22 Augustus 2014.
- ↑ (af) "Transnet-hoof afgedank". Maroela Media. 22 Oktober 2018.