TSV Osterholz-Tenever
Volledige naam | Turn- und Sportvereins Osterholz-Tenever e.V. |
Stigtingsdatum | 1909 |
Tuisveld | Bezirkssportanlage Schevemoor, Bremen |
Kapasiteit | 1 000 |
Kompetisie | Oberliga Bremen |
TSV Osterholz-Tenever is 'n sportklub uit Bremen in die deelstaat Vrye Hansestad Bremen in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir pluimbal, basketbal, handbal, prelbal, tafeltennis, hokkie, vlugbal, atletiek, skaak, swem, dans en gimnastiek. Osterholz en Tenever is stadsdele van Bremen.
Die klub is in 1909 gestig as 'n gimnastiekklub genaamd Freie Turnerschaft Osterholz-Tenever. Die sokkerafdeling is in 1926 gevestig. In 1933 is die klub, tesame met sy buurklub Turnverein Frei-Heil Ellen, deur die Nazi’s ontbind wat ook beslag gelê het op die klub se bates. Op 14 Junie 1933 het die lede van die twee ontbinde klubs toe 'n nuwe klub, met 'n konstitusie aanvaarbaar vir die nuwe politieke bedeling, in die lewe geroep met die huidige naam. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub weer ontbind, hierdie keer deur die Geallieerdes. Op 4 November 1945 is die klub weer herstig as Sportgemeinschaft Osterholz-Tenever en kort daarna is die huidige benaming weer aangeneem.
Die klub se grootste prestasie was om die 2de rondte van die DFB-Pokal in die 1988/89-seisoen te haal waar hulle met 0-6 deur Bayer Leverkusen uitgeskakel is. Die eerste rondte van die DFB-Pokal is ook in die 1975/76- en 1992/93-seisoene gehaal.
Onlangse ligaposisionering
[wysig | wysig bron]
|
|
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Oberliga Bremen 2009/10-seisoen | |
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – |