[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Slag van Adoea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Slag van Adoea
Deel van die Eerste Italiaans-Abessiniese Oorlog

Die Slag van Adoea
Datum 1 Maart 1896
Ligging Adoea, Ethiopië
Resultaat Ethiopiese oorwinning
Strydende partye
Ethiopië Italië
Bevelvoerders
Menelik II
Alula Engida
Makonnen
Mengesha Yohannes
Mikael van Wollo
Tekle Haymanot
Taytu Betul
Nikolay Leontiev
Oreste Baratieri
Vittorio Dabormida
Giuseppe Arimondi
Matteo Albertone
Giuseppe Ellena
Sterkte
100 000 soldate
40 artillerie
17 700 soldate
56 artillerie
Ongevalle
4 000-5 000 gedood
8 000 gewond
7 000 gedood
1 500 gewond
3 000 gevangenes

Die Slag van Adoea (Engels: Adowa; Italiaans: Adua) het op 1 Maart 1896 plaasgevind tussen Ethiopië en Italië naby die dorp Adoea, Ethiopië, in Tigray. Dit was die bepalende slag van die Eerste Italiaans-Abessiniese Oorlog.

Teen die einde van die negentiende eeu was Afrika opgedeel tussen die verskillende Europese magte, met die uitsondering van Liberië aan die weskus van Afrika en die antieke deur land omringde koninkryk van Ethiopië. Ethiopië grens aan die strategiese Horing van Afrika. Italië, 'n relatiewe nuweling tot die koloniale stormloop om Afrika, wat slegs oor die arm Eritrea en Somalië beheer gehad het, het beplan om sy invloed uit te brei deur Ethiopië te verower. Sodoende sou Italië 'n landbrug tussen sy twee Afrika kolonies skep. Na aanvanklike Italiaanse militêre oorwinnings het die Ethiopiese magte teen die einde van 1895 Italiaanse buiteposte begin bedreig en het die twee magte 'n dooiepunt in Tigray bereik.

Teen laat Februarie 1896 was voorrade aan beide kante grootliks uitgeput. Na druk van die Italiaanse regering gee Generaal Oreste Baratieri, die Italiaanse bevelvoeder, opdrag dat die Italiaanse mag gedurende die nag van 29 Februarie nader aan die Ethiopiese stellings moet beweeg. Hy het nie rekening gehou met die ongelyke terrein nie, en sy leër word gou verdeel in klein groepies wat nie meer kontak met mekaar gehad het nie. Dit is waargeneem deur die Ethiopiese bevelvoerder Ras Makonnen (vader van die latere keiser Haile Selassie), wat sy troepe opdrag gegee het om aan te val. Teen die oggend het troepe van keiser Menelik II en keiserin Taitoe Betoel ook aan die gevegte begin deelneem.

Die 14 527 Italianers was in getal oortref deur meer as 120 000 Ethiopiërs en word uiteindelik omsingel en verslaan. Verdere ongevalle het gevolg op hewige gevegte toe die Italianers teruggetrek het na hulle basisse. Die Italianers het 5 900 ongevalle gely en die Ethiopiërs ongeveer 10 000.

As 'n direkte gevolg van die geveg het Italië die Verdrag van Addis Abeba geteken, ingevolge waarvan Ethiopië as 'n onafhanklike staat erken word. Verantwoordelikheid vir die fiasko word in Italië op Baratieri geplaas en hy word van sy bevelspos ontneem. Die Italianers het veertig jaar later in 1935, Ethiopië na die Tweede Italiaans-Abessiniese-oorlog verower.

Die verslaan van 'n koloniale mag en daaropvolgende erkenning van Ethiopië se soewereiniteit sou 'n baken vir die latere swart nasionalisme in Afrika word, veral gedurende die stryd teen kolonialisme.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • David Levering Lewis, "Pawns of Pawns: Ethiopia and the Mahdiyya" in The Race for Fashoda. New York: Weidenfield en Nicholson, 1987. ISBN 1-55584-058-2
  • Chris Prouty, "War with Italy: Amba Alage, Meqellle, Adwa" in Empress Taytu and Menelik II: Ethiopia 1883–1910. Trenton: The Red Sea Press, 1986. ISBN 0-932415-11-3