Santa Rosa-eiland
Voorkoms
Santa Rosa-eiland Inheemse naam: Santa Rosa Island | |
---|---|
Sig van die kuslyn van die eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Golf van Meksiko |
Koördinate | 30°23′N 86°51′W / 30.383°N 86.850°W
|
Administrasie | |
Verenigde State | |
Deelstaat | Florida
|
Die Santa Rosa-eiland is 'n lang, nou eiland naby die noordwes kus van Florida, digby Pensacola. Die eiland is 80 km lank en 1,6 km breed. Dit lê parallel met die kus. 'n Aantal brûe verbind die eiland met die hoofland. Fort Pickens, gebou in 1834, is op die westelike deel van die eiland geleë. Die fort was gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog die hele tyd onder beheer van die Unie-soldate. Dit het later gedien as 'n militêre tronk.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 419.