Romaans
Voorkoms
Die woorde romein, romaans, rooms en hulle verbuigings stam almal af van die Latynse naam Roma vir die stad Rome. Hulle is dus verwant, maar het wel onderskeibare betekenisse.
Die woord romein verwys na 'n inwoner van die stad Rome. Die meervoud, romeine kan egter na meer as net die inwoners van Rome verwys. Dit word ook gebruik om te verwys na inwoners van die verskillende Romeinse Ryke. Sien romeins hier onder. Daar is 'n boek (brief) in die Bybel wat geskryf is aan die Romeine. Sien Romeine (bybelboek).
Die woord romeins of romeinse kan verwys na een van verskeie sake:
- Die stad Rome of Antieke Rome
- Die Romeinse Koninkryk - van 753 v.C. tot 509 v.C. was daar Konings wat in Rome regeer het voor die vorming van die Romeinse Republiek.
- Die Romeinse Republiek - van 509 v.C. tot 44 n.C. - volgens oorlewering het daar 'n verteenwoordigende regering geheers oor Rome en sy gebiede tot en met die stigting van die Romeinse ryk, wat tradisioneel aangegee word as 44 n.C. of 27 n.C..
- Die Romeinse Ryk - 44 n.C. tot 476 n.C.
- Die Bisantynse Ryk - Die oostelike deel van die Romeinse ryk (330 - 1453) het bly voortbestaan as die Oostelike Romeinse Ryk selfs na die val van die Romeinse ryk in die vyfde eeu.
- Die Heilige Romeinse Ryk - c. 900 tot 1806 - 'n politiese konglomeraat van lande in Wes- en Sentraal-Europa.
- Romeinse reg
- Romeinse syfers
Die woord romaans of romaanse kan verwys na een van verskeie sake:
- 'n Romaanse taal of die romaanse taalgroep
- Romaanse kuns, byvoorbeeld
Die woord rooms of roomse verwys na die Rooms-Katolieke Kerk.