Republieke van die Sowjetunie
Die Sosialistiese Sowjetrepublieke (SSR'e) (Russies: союзные республики, sojuznye respoebliki, "unierepublieke"), was die vyftien "konstituerende", in naam onafhanklike republieke van die Sowjetunie, formeel 'n federasie wat deur hulle gevorm is. In die Weste is egter gereeld gepraat van 'die Russe' of selfs 'Rusland' met betrekking tot die hele Sowjetunie, wat immers rigied beheer was uit die (Russiese) Sowjet-hoofstad Moskou.
Onderskei van die SSR'e was die outonome Sowjet Sosialistiese Republieke (OSSR'e) en die Outonome Streke (OS'e).
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1922 was die stigter Sowjetrepublieke die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, die Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek, die Wit-Russiese Sosialistiese Sowjetrepubliek en die Transkaukasiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek, wat in 1936 in die SSR'e van Georgië, Armenië en Azerbeidjan ontbind is. Intussen het Turkmenistan en Oesbekistan reeds in 1925 aangesluit, Tadjikistan in 1929, Kazakstan en Kirgisië in 1936, telkens as SSR. In 1940 het Moldawië ook aangesluit (eintlik deur beslaglegging), behalwe vir die Roemeense deel van die Proet, met ander woorde, die historiese gebied van Bessarabië en die drie Baltiese state (Estland, Letland en Litaue).
In 1991 het die RSFSR, en kort daarna die ander SSR'e, as onafhanklike state ontstaan uit die dus ontbinde Sowjetunie, maar het die vinnigste die (los) Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) gevorm.
Voormalige republieke
[wysig | wysig bron]- Transkaukasiese SFSR 1922 → 1936
- Kareliese SSR 1940 → 1956
- Abchasiese SSR 1921 → 1931
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]Notas
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |