Onafhanklike Staat Kroasië
| |||||
| |||||
Volkslied: Lijepa naša domovino (Kroaties vir: "Ons mooi vaderland") | |||||
Ligging van die Onafhanklike Staat Kroasië | |||||
Hoofstad | Zagreb | ||||
Taal/Tale | Kroaties | ||||
Regering | Monargie | ||||
President | |||||
- 1941-1943 | Tomislav II | ||||
Governor | |||||
- 1941-1943 | Ante Pavelić | ||||
- 1943-1945 | Nikola Mandić | ||||
Geskiedenis | |||||
- Stigting | 10 April 1941 | ||||
- Ontbinding | 8 Mei 1945 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1941 | 115 133 km2 44 453 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1941 skatting | 6 966 729 | ||||
Digtheid | 60,5 /km² 156,7 /sq mi | ||||
Geldeenheid | NDH Kuna |
Die Onafhanklike Staat Kroasië (OSK, Kroaties: Nezavisna Država Hrvatska, kort NDH) was 'n kortstondige outoritêr-fascistiese Kroatiese republiek wat tussen 1941 en 1945 bestaan en naas die huidige Kroasië en Bosnië en Herzegowina ook dele van Serwië ingesluit het. Die staatshoof en diktator Ante Pavelić, leier van die nasionalistiese Ustaša-beweging, het noue bande met die Spilmoondhede gehandhaaf en hul kant in die Tweede Wêreldoorlog gekies.
Die Balkanveldtog van die Duitse Weermag, wat op 6 April 1941 met 'n aanval op die Serwies-oorheerste sogenaamde "Koninkryk Joego-Slawië" begin het, is deur baie etniese groepe, veral Bosniese Moslems, as 'n bevryding van Serwiese onderdrukking en 'n kans op die verwesenliking van hul nasionale aspirasies beskou (wat eers in 1993 realiteit geword het).
Die OSK is in April 1941 in die lewe geroep nadat die Europese Spilmoondhede, die sogenaamde Groot-Duitse Ryk en die Koninkryk Italië, die Koninkryk Joego-Slawië ontbind het. Aanvanklik het die spilmoondhede ook besettingsmagte in die OSK gestasioneer.