Noem my Skollie
Noem my Skollie | |
---|---|
Regisseur | Daryne Joshua |
Produksieleier | David Max Brown en Moshidi Motshegwa |
Draaiboek | John W. Fredericks |
Met | Sandi Schultz, Dann-Jaques Mouton, e.a. |
Musiek deur | Kyle Shepherd |
Kinematografie | Zenn van Zyl |
Redigeerder | Simon Beesley |
Ateljee | Maxi-D Productions |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 2 September 2016 |
Speeltyd | 150 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Noem my Skollie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 2 September 2016 vrygestel is. Die film speel in die Pollsmoor-gevangenis op die Kaapse Vlakte af. Dit vertel die verhaal van die draaiboekskrywer, John W. Fredericks (hy word AB in die film genoem). Dit is Daryne Joshua se eerste film as regisseur.
Noem my Skollie is die derde Afrikaanse fliek, ná Paljas (1997) en Skoonheid (2011), wat deur Suid-Afrika vir die Oscars ingeskryf is.[1]
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is ’n drama, gebaseer op die ware verhaal van ’n jong storieverteller in die tronk in die 1960’s. Dit raak temas soos vriendskap, verraad, vergifnis en aanvaring aan.[2]
Rolverdeling
[wysig | wysig bron]- Austin Rose as die jong AB
- Dann-Jacques Mouton as die ouer AB
- Ethan Patton as die jong Gimba
- Gantane Kusch as die ouer Gimba
- Joshua Vraagom as Gif
- Valentino de Klerk as Shorty
- Tarryn Wyngaard as Jenny
- David Manuel as die tronkbaas
Die rolverdeling bestaan verder uit onder andere: Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally.
Storielyn
[wysig | wysig bron]AB en sy beste vriende, Gimba, Gif en Shorty groei in ’n armoedige bendewêreld op die Kaapse Vlakte op. Ten spyte van hulle omstandighede probeer hulle die bendes vermy, maar wanneer AB ’n traumatiese voorval beleef, besluit hulle om self ’n bende te stig om hulself te beskerm. Die vier pleeg nie ernstige misdade nie, maar die polisie hou hulle deur hul tienerjare dop, totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word.
AB en Gimba word tydens ’n inbraak gearresteer en tot twee jaar tronkstraf gevonnis. AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik in Polsmoor-tronk om die geharde misdadigers in die tronk te vermaak en sy status te verhoog. Gimba het egter ’n ander pad ingeslaan om sy veiligheid te verseker.
Wanneer hy vrygelaat word, sit AB sy verhouding met sy vriendin, Jenny, voort. Storieskryf word ’n manier om haar te beïndruk. Sy bendevriende oortuig hom egter om weer by hulle aan te sluit – wat rampspoedige gevolge vir almal inhou.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ SA benoem ‘Noem my skollie’ vir Oscars Geargiveer 22 April 2020 op Wayback Machine, netwerk24.com, besoek op 28 September 2016
- ↑ Noem my Skollie: Elke roeping het ’n prys, kyknet.dstv.com, besoek op 28 September 2016