[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

NAVO-spelalfabet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Radiotelefonie-spelalfabet

Die NAVO-spelalfabet is 'n algemene naam vir die radiotelefonie-spelalfabet van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO), wat woorde aan letters in die alfabet toeken sodat kritiese kombinasies van letters uitgespreek en verstaan kan word deur vliegtuigbemannings en lugvaartbeheer ongeag van hulle moedertaal. Die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU), die Federal Aviation Administration (FAA) van die V.S.A. asook die American National Standards Institute (ANSI) het soortgelyke weergawes.

Alfabet en uitspraak

[wysig | wysig bron]
Letter Woord Uitspraak[1]
A Alfa (ICAO, ITU, FAA)
Alpha (ANSI)
AL FA [ˈalfa]
B Bravo BRA WO [ˈbravo]
C Charlie TJA LIE [ˈtʃali]
of SJA LIE [ˈʃali]
D Delta DÊL TA [ˈdɛlta]
E Echo Ê KO [ˈɛko]
F Foxtrot FOKS TROT [ˈfɔks.trɔt]
G Golf GHOLF [ˈɡɔlf]
H Hotel HO TÊL [hoˈtɛl]
I India IEN DIE A [ˈɪndia]
J Juliett (ICAO, ITU, FAA)
Juliet (ANSI)
DJOE LIE ÊT [ˈdʒuliˈɛt]
K Kilo KIE LO [ˈkilo]
L Lima LIE MA [ˈlima]
M Mike MAIK [ˈmai̯k]
N November NO WÊM BA [noˈvɛmba]
O Oscar OS KA [ˈɔska]
P Papa PA PA [paˈpa]
Q Quebec BÊK [keˈbɛk]
R Romeo RO MIE O [ˈromio]
S Sierra SIE Ê RA [siˈɛra]
T Tango TANG GO [ˈtaŋɡo]
U Uniform JOE NIE FOM [ˈjunifɔm]
of OE NIE FOM [ˈunifɔm]
V Victor WIK TA [ˈvɪkta]
W Whiskey WIS KIE [ˈwɪski]
X X-ray ÊKS REI [ˈɛks.rei̯]
Y Yankee JANG KIE [ˈjaŋki]
Z Zulu ZOE LOE [ˈzulu]
0 Zero (ICAO, FAA)
Nadazero (ITU)
ZIE RO (ICAO, FAA)
NA-DA-ZE-RO (ITU)
1 One (ICAO, FAA)
Unaone (ITU)
WAN (ICAO, FAA)
OE-NA-WAN (ITU)
2 Two (ICAO, FAA)
Bissotwo (ITU)
TOE (ICAO, FAA)
BIE-SOU-TOE (ITU)
3 Three (ICAO, FAA)
Terrathree (ITU)
TRIE (ICAO, FAA)
TE-RA-TRIE (ITU)
4 Four (ICAO, FAA)
Kartefour (ITU)
FOU A (ICAO, FAA)
KAR-TE-FOW-A (ITU)
5 Five (ICAO, FAA)
Pantafive (ITU)
FAIF (ICAO, FAA)
PAN-TA-FAIF (ITU)
6 Six (ICAO, FAA)
Soxisix (ITU)
SIKS (ICAO, FAA)
SOK-SIE-SIKS (ITU)
7 Seven (ICAO, FAA)
Setteseven (ITU)
WIN (ICAO, FAA)
SE-TE-SÊ-WIN (ITU)
8 Eight (ICAO, FAA)
Oktoeight (ITU)
EIT (ICAO, FAA)
OK-TO-EIT (ITU)
9 Nine (ICAO, FAA)
Novenine (ITU)
NAI NA (ICAO, FAA)
NO-WE-NAI-NA (ITU)

Tensy anders gespesifiseer, is die spelling en uitspraak soos amptelik deur die ICAO voorgeskryf en aanvaar deur die FAA en die ITU. Die ICAO dui onbeklemtoonde numeriese lettergrepe in kleinletters aan (en beklemtoonde lettergrepe in Hoofletters). In belang van eenvormigheid, word beklemtoonde lettergrepe hier, net soos met die FAA lettergreepstyl, in VETLETTERS aangedui.

Let wel bogenoemde uitspraak is nie die amptelike FAA se uitspraakwyse nie maar slegs die skrywer se poging om die korrekte weergawe weer te gee volgens Afrikaanssprekendes se spraakgewoontes.

Geskiedenis en gebruik

[wysig | wysig bron]

Ondanks sy algemene naam, verskyn die alfabet skynbaar nêrens in enige amptelike publikasies van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie nie. Dit mag dalk sy naam Navo spelalfabet gekry het vanweë die wye aanvaarding daarvan deur elkeen van NAVO se hooflande en word dus gebruik tydens NAVO-oefeninge.

Al hierdie woorde is herkenbaar deur Engelse moedertaalsprekers en omdat Engels die voertaal moet wees waar 'n vliegtuig en beheertoring van twee verskillende nasies betrokke is, ongeag van wat hulle onderskeie moedertale is. Dit is egter nie 'n vereiste vir plaaslike vlugte nie, in welke geval die nasie sy eie spelalfabet mag gebruik.

Die eerste internasionale spelalfabet is deur die ITU in 1927 aangeneem. Die ervaring wat sodoende opgedoen is met die alfabet het tot gevolg gehad dat verskeie verandering deur die ITU in 1932 gemaak is. Die gevolglike alfabet is deur die voorloper van die ICAO in gebruik geneem en is in burgerlugvaartkringe gebruik tot en met die Tweede Wêreldoorlog. Dit was in gebruik deur internasionale skeepsvaart tot ongeveer 1959:

Amsterdam Baltimore Casablanca Denmark Edison Florida Gallipoli Havana Italia Jerusalem Kilogramme Liverpool Madagascar New_York Oslo Paris Quebec Roma Santiago Tripoli Upsala Valencia Washington Xanthippe Yokohama Zurich

Tydens die Tweede Wêreldoorlog, het die vereistes van gesamentlike operasies deur Geallieerde magte gelei tot die ontwikkeling van die "Joint Army/Navy Phonetic Alphabet" (able baker), alhoewel die Britse lugmag nog hulle eie weergawe gebruik het. Na die oorlog met die baie lede van die Geallieerde gewapende magte wat as lug- en grondpersoneel vir lugrederye gaan werk het, is able baker steeds gebruik vir burgerlugvaart. Baie van die klanke was egter uniek aan Engels en dus is 'n alternatiewe Ana Brazil ontwikkel vir gebruik in Latyns Amerika. Die Internasionale Lugvervoer Assosiasie (IATA) het egter die behoefte aan 'n enkele universele alfabet erken en 'n konsepvoorstel aan die ICAO in 1947 voorgestel wat klanke bevat het wat dieselfde in Engels, Frans en Spaans geklink het. Ná verdere studie en veranderinge deur elke goedkeuringsinstansie, is die veranderde alfabet op 1 November 1951 geïmplementeer:

Alfa Bravo Coca Delta Echo Foxtrot Golf Hotel India Juliett Kilo Lima Metro Nectar Oscar Papa Quebec Romeo Sierra Tango Union Victor Whisky Extra Yankee Zulu

Onmiddellik is probleme met die lys ervaar—sommige gebruikers het gevoel dat dit ernstig genoeg was dat hulle weer teruggeslaan het na die able baker-alfabet. Om die gebreke te identifiseer is toetse uitgevoer onder sprekers van 31 verskillende nasies, hoofsaaklik deur die regerings van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Verwarring tussen woorde soos Delta, Nectar, Victor en Extra of die uitlaat van woorde onder swak opvangstoestande was die hoofprobleme gewees. Na vele studie is slegs vyf woorde verander, wat die letters C, M, N, U en X vervang. Die finale weergawe is op 1 Maart, 1956 geïmplementeer en is ongetwyfeld kort daarna deur die ITU aanvaar, aangesien dit in hulle "Radioregulasies" van 1959 verskyn as 'n gevestigde fonetiese alfabet. Omdat die ITU alle internasionale radiokommunikasie beheer, is dit ook deur alle radio-operateurs aangeneem, hetsy militêre, burgelike of amateuroperateurs.

In die amptelike internasionale weergawe van die alfabet, word die nie-Engelse spellings van Alfa en Juliett gevind. "Alfa" word met 'n "f" gespel omdat Spaanse sprekers die "ph" meer soos die "p-klank" uitspreek. "Juliett" word met twee t's ("tt") gespel aangesien Franssprekendes 'n enkele t aan die einde van 'n woord nie uitspreek nie.

Die alfabet word gebruik om dele van 'n boodskap of roepsein wat van kritiese belang is, uit te spel tydens woordelikse kommunikasie. 'n Boodskap soos gaan na koördinaat DH98 kan uitgespreek word as beweeg na koördinaat Delta-Hotel-Niner-Eight en 'n C-130 Hercules vliegtuig kan beskryf word as 'n Charlie-One-Three-Zero op twaalfuur. Verskeie letterkodes en afkortings wat die Navo spelalfabet gebruik, het baie bekend geword soos Bravo Zulu (letterkode BZ) vir Goed gedoen, Checkpoint Charlie (Checkpoint C) in Berlyn, en Zulu vir Greenwich Mean Time of Coordinated Universal Time.

Variasies

[wysig | wysig bron]

By sommige lughawes in die V.S.A word die gebruik van Delta vir D vermy aangesien dit ook gebruik word vir die lugredery met dieselfde naam. Dixie word dan as plaasvervanger gebruik.

Die Britse polisiemag gebruik Indigo in plaas van India.

Bibliografie

[wysig | wysig bron]
  • L.J. Rose, "Aviation's ABC: The development of the ICAO spelling alphabet", ICAO Bulletin 11/2 (1956) 12-14
  • Aeronautical Telecommunications: Annex 10 to the Convention on International Civil Aviation, Volume II, Chapter 5
  • International Telecommunication Union, "Appendix 16: Phonetic Alphabet and Figure Code", Radio Regulations (Geneva, 1959) 430-431

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. DIN 5009:2022-06, Anhang B: Buchstabiertafel der ICAO („Radiotelephony Spelling Alphabet“)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]