Mozarteum-universiteit Salzburg
Mozarteum-universiteit Salzburg | |
---|---|
Gestig: | 1841 |
Tipe: | Openbare kunsskool |
Ligging: | Salzburg, Oostenryk |
Webtuiste: | moz |
Die Mozarteum-universiteit, of amptelik in Duits die Universität Mozarteum Salzburg, is een van drie geaffilieerde maar aparte entiteite onder die “Mozarteum” naam in die Oostenrykse stad. Die Internasionale Mozarteum Stigting (Internationale Stiftung Mozarteum) en die Mozarteum Orkes Salzburg (Mozarteum-Orchester Salzburg) is die ander twee. Dit spesialiseer in musiek en die dramatiese kunste, en soos die affiliate daarvan, is dit gestig ter ere van die groot Salzburgse komponis Wolfgang Amadeus Mozart.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Constanze Weber Mozart, die weduwee van die komponis, het in 1841 die eerste van die Mozarteum-instansies gestig; die Katedraal Musiekgenootskap en Mozarteum, waarvan die doelwit "die verfyning van musikale smaak ten opsigte van gewyde musiek en konserte was.” Die genootskap het gedurende die 19de eeu as voorganger van die Mozarteum-Orchester Salzburg opgetree en het die kern van die stad se musieklewe uitgemaak, met konserte en verwante aktiwiteite. Dit het sy huidige naam in 1908 aangeneem.
Die Internasionale Mozarteum Stigting is aan die einde van die 19de eeu gestig. Dit het 'n aansienlike en elegante kantoorgebou aan die Schwarzstraße gebou en onderhou dit tot vandag toe nog, waaraan twee konsertsale later toegevoeg is. Die konstruksie het tussen 1910 en 1914 plaasgevind ingevolge 'n ontwerp deur die Münchense argitek Richard Berndl (1875–1955). Die grootste van die twee sale self staan bekend as die Mozarteum en is wêreldbekend; die regte naam is eenvoudig “Großer Saal.” Die kleiner saal is die “Wiener Saal.” Behalwe vir die instandhouding van hierdie kompleks, het die stigting twee museums wat gewy is aan Mozart (die geboortehuis van die komponis, of “Geburtshaus,” en sy belangrikste Salzburgse-woning, of “Wohnhaus”) sowel as 'n jaarlikse musiekfees in Januarie gewy aan Mozart se musiek (“Mozartwoche”).Die meer onlangs herboude Universiteit hoofgebou is by Mirabellplatz 1.
Orrel van die Großer Saal
[wysig | wysig bron]Die oorspronklike groot konsertsaal-orrel is in 1914 deur die Oostenrykse firma Rieger gebou. 'n Splinternuwe orrel in neo-Barok styl is in 1970 deur E. F. Walcker & Cie gebou. Dit is in 2008 uitmekaar gehaal. In 2010 is 'n nuwe orrel geïnstalleer deur Hermann Eule Orgelbau, Bautzen, en die 1914 fasade vir die instrument is herbou.[1]
Orrel van die Wiener Saal
[wysig | wysig bron]Die pyporrel in die “Wiener Saal”, wat geleë is in 'n orrelkamer bo die verhoog, is in 1914 deur Rieger gebou, met 25 stoppe en 'n elektro-pneumatiese aksie. Dit is in 1941 herbou, met neo-barok modifikasies. Die orrel is tans in 'n afgeleefde en slegte toestand, maar steeds speelbaar.
Noemenswaardige alumni
[wysig | wysig bron]- Barbara Bonney (sopraan)
- Marios Joannou Elia (komponis en artistieke direkteur)
- David Frühwirth (violis)
- Leopold Hager (dirigent)
- Christian T. Herbst (stemkundige)
- Angelika Kirchschlager (mezzo-sopraan)
- Herbert von Karajan (dirigent)
- Christiane Karg (sopraan)
- Genia Kühmeier (sopraan)
- Giorgi Latso (pianis)
- Erich Leinsdorf (dirigent)
- Igor Levit (pianis)
- Nils Mönkemeyer (violis)
- Camilla Nylund (sopraan)
- Carl Orff (komponis)
- Wolfgang Rennert (operadirigent)
- Alice Sara Ott (pianis)
- Rosl Schwaiger (1918–1970), coloratura sopraan
- Tabea Zimmermann (violis)
Universiteitslektore
[wysig | wysig bron]- Barbara Bonney (stem)
- Reinhard Febel (komposisie)
- Eliot Fisk (kitaar)
- Vittorio Ghielmi (viola da gamba)
- Michael Gielen, oorlede (dirigeer)
- Pavel Gililov (klavier)[2]
- Veronika Hagen-Di Ronza (altviool)
- Thomas Riebl (altviool)
- Leopold Hager (dirigeer)
- Sheila Jones Harms (stem)
- Nikolaus Harnoncourt (dirigeer)
- Adriana Hölszky (komposisie)
- Wolfgang Holzmair (liedere en oratorio)
- Johannes Kalitzke (dirigeer van kontemporêre musiek)
- Karl-Heinz Kämmerling (klavier)
- Angelika Kirchschlager (stem)
- Ludlow Hallman (stem)
- Wilma Lipp (stem)
- Tristan Murail (komposisie)
- Felix Petyrek (komposisie)
- Ildikó Raimondi (stem)
- Ruggiero Ricci (viool)
- Gerhard Röthler (klavesimbel)
- Jacques Rouvier (klavier)
- Heinrich Schiff (tjello)
- Otmar Suitner (dirigeer)
- Laurence Traiger (komposisie)
- Gerhard Wimberger (dirigeer, komposisie)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Archived copy" (in Duits). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2012. Besoek op 21 September 2010.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link) - ↑ Institute, The Fryderyk Chopin. "Fryderyk Chopin - Information Centre - Pavel Gililov - Biography". en.chopin.nifc.pl (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2019. Besoek op 7 April 2018.