Moksja
Voorkoms
Moksja мокшень кяль moksjen kjal | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Rusland | |
Gebied: | Mordowië | |
Totale sprekers: | 2 030[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Mordwiens Moksja | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Rusland | |
Gereguleer deur: | Mordwiense Navorsingsinstituut vir taal, letterkunde, geskiedenis en ekonomie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | mdf | |
ISO 639-3: | mdf | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Moksja (мокшень кяль, moksjen kjal) is lid van die Wolga-Finse subafdeling van die Oeraalse taalfamilie. Dit het sowat 500 000 sprekers en is die belangrikste taal in die westelike deel van Mordowië.[2]
Moksja is een van drie amptelike tale in Mordowië. Die ander twee is Erzja en Russies. Die naaste taal aan Moksja is Erzja, maar sprekers kan nie mekaar se taal verstaan nie. Daar is tans ses dialekte: Sentraal-, Wes-, Suidwes-, Noord-, Suidoos- en Suid-Moksja.
Vanweë agglutinasie (sameklewing) kan woorde in Moksja taamlik lank wees. Die klem is altyd op die eerste lettergreep, maar is nie sterk nie en dit kan klink of alle lettergrepe ewe veel klem het. Dit word in die Cyrilliese alfabet geskryf, met ’n paar meer letters as Russies.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Moksha" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 20 Oktober 2015.
- ↑ [1] Encyclopedia Britannica
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die koerant Prawda in Moksja
- Moksja-Russiese gids Geargiveer 8 Maart 2010 op Wayback Machine
- Engels-Moksja-aanlynwoordeboek Geargiveer 18 September 2008 op Wayback Machine
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia