Malmedy
Malmedy Måmdey | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Uitsig oor die stad | |
Ligging van die Malmedy-munisipaliteit in die provinsie Luik | |
Koördinate: 50°25′N 6°02′O / 50.417°N 6.033°O | |
Land | België |
Gewes | Wallonië |
Provinsie | Luik |
Arrondissement | Verviers |
Stigting | ~648 |
Regering | |
• Burgemeester | Jean-Paul Bastin (cdH) |
Oppervlak | |
• Totaal | 99,96 km2 (38,59 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 12 654 |
• Digtheid | 127/km2 (330/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 4960 |
Skakelkodes | 080 |
Bestuurlike sentrum | Malmedy |
Webwerf | malmedy.be |
Malmedy, Waals: Måmdey, is 'n munisipaliteit en stad in die Belgiese provinsie Luik, met 'n bevolking van 12 700 in 2018 en 'n oppervlakte van 100 km².
Die stad is geleë waar die Warchenne-rivier in die Warche-rivier uitmond.
Die munisipaliteit bestaan uit drie deelmunisipaliteite:
- Malmedy (in die sentrum)
- Bellevaux-Ligneuville (in die suide)
- Bévercé (in die noorde).
Die munisipaliteit is Franstalig met fasiliteite vir Duitssprekende, en grens in die noorde aan die Hoë Vene, 'n streek wat aan die Ardenne (en die Eifel) behoort.
Baraque Michel wat met 674 meter die drie hoogste heuwel in België is, lê in die munisipaliteit.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Malmedy het deel uitgemaak van die Abdyvorstedom Stavelot-Malmedy (tot 1795) en van die Ourthedepartement (1795-1814).
Sedert 1815 was Malmedy 'n deel van Pruise en sedert 1871 ook van die Duitse Keiserryk gewees. Na die Eerste Wêreldoorlog is Malmedy in 1919 by België gevoeg (in die Tweede Wêreldoorlog het Malmedy aan Nazi-Duitsland behoort).
Die Malmedy-menseslagting: in die Tweede Wêreldoorlog het Waffen-SS-troepe op 17 Desember 1944 met masjiengewere op omtrent 150 ongewapende krygsgevangenes naby Malmedy gevuur.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (fr) Amptelike webwerf
Wikimedia Commons bevat media in verband met Malmedy. |