[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Los Angeles Dodgers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Dodgers se uniformlogo.
Die Dodgers se kenteken op hul bofbalpette.
Die Dodgers se huidige tuisveld, Dodgers-stadion in Los Angeles.
Die Dodgers se tuisveld van 1913 tot 1957, Ebbets Field in Brooklyn.
Jackie Robinson

Die Los Angeles Dodgers is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in Los Angeles, Kalifornië. Die Dodgers kompeteer in Major League Baseball (MLB) as 'n lid van die Nasionale Liga (NL) se Westelike Divisie (NL-Wes). Die klub is in 1883 in Brooklyn, New York gestig as die Brooklyn Grays en het in 1890 aangesluit by die Nasionale Liga as die Brooklyn Bridegrooms en verskeie name gehad voordat dit in 1932 finaal besluit het op die naam Dodgers.[1][2][3][4] Van die 1940's tot aan die einde van die 1950's was die Dodgers se grootste mededinger die New York Yankees. Die twee spanne het sewe keer teen mekaar te staan gekom in die Wêreldreeks, met die Dodgers wat die eerste vyf kampioenskappe verloor het, voordat hulle die Yankees in 1955 verslaan het en sodoende die span se eerste Wêreldreekstitel ingepalm het. Dit was ook gedurende hierdie tydperk dat die Dodgers geskiedenis gemaak het deur die bofbalkleurskeidslyn in 1947 te breek met die debuut van Jackie Robinson, die eerste swart Amerikaner wat sedert 1884 in die Major Leagues gespeel het.[5] Nog 'n groot mylpaal is in 1956 bereik toe Don Newcombe die eerste speler ooit geword het om beide die Cy Young-toekenning en die Nasionale Liga se MVP {Mees Waardevolle Speler) toekenning in dieselfde seisoen te wen.[6]

Nà 68 seisoene in Brooklyn het die Dodgers se eienaar en president Walter O'Malley voor die aanvang van die 1958-seisoen die franchise verskuif na Los Angeles.[7] Die span het sy eerste vier seisoene by die Los Angeles Memorial Coliseum gespeel, voordat die span in 1962 verskuif het na hul teenswoordige tuisstadion, die Dodger-stadion.[8] Die Dodgers het onmiddellike sukses in Los Angeles geproe en die 1959 Wêreldreeks gewen. Die span se sukses het voortgeduur tot in die 1960's; hul sterboulers Sandy Koufax en Don Drysdale was die hoekstene van hul titels in 1963 en 1965. In 1981 het die nuweling Meksikaanse bouler Fernando Valenzuela 'n sensasie geword en die span na die kampioenskapstitel gelei; hy is die enigste speler wat die Cy Young- en "Nuweling van die Jaar"-toekennings in dieselfde seisoen kon wen.[9] Die Dodgers het weereens in 1988 geseëvier en die sterk gunsteling, die Oakland Athletics, met 4-1 oorrompel in die Wêreldreeks.[10] Op hierdie oorwinning het 'n kampioenskaps-droogte van 32 jaar gevolg, ten spyte daarvan dat die span in 'n tydperk van 17 jaar in 12 uitkloprondtes (na-seisoense spel) verskyn het en agt opeenvolgende divisietitels van 2013 tot 2020 gewen het. Die wendroogte is uiteindelik gebreek toe die Dodgers die Wêreldreeks in 2020 gewen het, wat ook hul laaste kampioenskapstitel was.[11]

Die Dodgers is een van die suksesvolste franchises in MLB en beskik oor 'n legendariese verlede. Die Dodgers het sewe Wêreldreeks-kampioenskappe en 'n rekord 24 Nasionale Liga-wimpels gewen. Elf Nasionale Liga MVP-wenners het vir die Dodgers gespeel en 'n totaal van 14 toekennings gewen. Agt Cy Young-wenners het vir die klub geboul en 'n totaal van 12 toekennings gewen—verreweg die meeste van enige Major League-franchise. Die Dodgers spog met 18 "Rookie of the Year" oftewel "Nuweling van die Jaar" wenners, twee keer soveel as die naasbeste span. Dit sluit vier opeenvolgende nuwelinge van 1979 tot 1982 in, en vyf opeenvolgend van 1992 tot 1996. Van 1884 tot 2023 is die Dodgers se algehele rekord 11,334 wedstryde gewen, 10,004 wedstryde verloor en 139 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .531). Sedert die span in 1958 na Los Angeles geskuif het is hul wen-verloor-gelykop rekord 5,710 wedstryde gewen, 4,724 wedstryde verloor en 6 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie .547), met inbegrip van die 2023-seisoen.[12]

Die Dodgers is vandag een van die gewildste spanne wat in MLB meeding en geniet groot ondersteuning op tuisbodem sowel as op die pad.[13][14][15] Die Dodgers word beskou as een van die Nasionale Liga se mees dominante spanne.[16][17] Hulle handhaaf 'n felle wedywering met die San Francisco Giants, wat terugstrek na die twee klubs se beginjare in New York, sowel as 'n meer onlangse wedywering met die Amerikaanse Liga se Houston Astros wat terugstrek na die 2017-Wêreldreeks. In 2022 het Forbes die Dodgers gewaardeer op $4,075 miljard, wat hul tweede plaas in die liga.[18]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Dressed to the Nines uniform database". Baseball Hall of Fame. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2017. Besoek op 5 April 2021.
  2. Bernado, Leonard; Weiss, Jennifer (2006). Brooklyn By Name: From Bedford-Stuyvesant to Flatbush Avenue, And From Ebbetts Field To Williamsburg. New York: New York University Press. p. 81.
  3. Gurnick, Ken (21 Desember 2020). "The long road to the LA Dodgers' naming". Dodgers.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2021. Besoek op 5 April 2021.
  4. Hieronder volg 'n volledige chronologiese lys van name van die klub: Los Angeles Dodgers (1958–teenswoordig), Brooklyn Dodgers (1932–1957), Brooklyn Robins (1914–1931), Brooklyn Dodgers (1913), Brooklyn Trolley Dodgers (1911–1912), Brooklyn Superbas (1899–1910), Brooklyn Bridegrooms (1896–1898), Brooklyn Grooms (1891–1895), Brooklyn Bridegrooms (1888–1890), Brooklyn Grays (1885–1887), Brooklyn Atlantics (1884), Brooklyn Grays (1883)
  5. "Boston Braves at Brooklyn Dodgers Box Score, 15 April 1947". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2007. Besoek op 11 April 2019.
  6. Great Baseball Feats, Facts and Figures, 2008 Edition, p. 152, David Nemec and Scott Flatow, A Signet Book, Penguin Group, New York, ISBN 978-0-451-22363-0
  7. "Franchise Timeline – 1950s". Dodgers.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2018. Besoek op 14 Junie 2018.
  8. "Ballparks". Dodgers.com (in Engels). MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2019. Besoek op 15 April 2019.
  9. "Fernando Valenzuela". Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2018. Besoek op 28 Oktober 2020.
  10. Paul (1 Maart 2012). High Fives, Pennant Drives, and Fernandomania: A Fan's History of the Los Angeles Dodgers' Glory Years (1977–1981). Santa Monica Press. ISBN 9781595808530 – via Google Books.
  11. Sheinin, Dave; Allen, Scott. "Dodgers top Rays in Game 6, claim their first World Series title since 1988". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2020. Besoek op 28 Oktober 2020 – via www.washingtonpost.com.
  12. "Los Angeles Dodgers Team History & Encyclopedia". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2021. Besoek op 3 Oktober 2021.
  13. "MLB Ballpark Attendance, Ballparks of Baseball". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2020. Besoek op 28 Oktober 2020.
  14. "2020 MLB Attendance – Major League Baseball". ESPN.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2020. Besoek op 28 Oktober 2020.
  15. Witz, Billy (12 September 2016). "Dodgers, and Their Fans, Make Themselves at Home at Yankee Stadium (Published 2016)". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2020. Besoek op 28 Oktober 2020.
  16. "The Los Angeles Dodgers, the greatest team of all time". 29 Augustus 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2022. Besoek op 21 September 2022.
  17. "The Dodgers Have Been Dominant for 300 Games". 12 September 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2022. Besoek op 21 September 2022.
  18. "The Business Of Baseball". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Red Barber, Rhubarb in the Catbird Seat
  • Stanley Cohen, Dodgers! The First 100 Years
  • Robert W. Creamer, Stengel: His Life and Times
  • D'Agostino, Dennis; Bonnie Crosby (2007). Through a Blue Lens: The Brooklyn Dodgers Photographs of Barney Stein, 1937–1957. Triumph Books. ISBN 978-1-57243-952-8.
  • Steve Delsohn, True Blue: The Dramatic History of the Los Angeles Dodgers, Told By the Men Who Lived It
  • Carl Erskine and Vin Scully, Tales From the Dodger Dugout: Extra Innings
  • Harvey Froemmer, New York City Baseball
  • Steve Garvey, "My Bat Boy Days: Lessons I Learned from the Boys of Summer"
  • Cliff Gewecke, Day by Day in Dodgers History
  • Andrew Goldblatt, The Giants and the Dodgers: Four Cities, Two Teams, One Rivalry
  • Richard Goldstein, Superstars and Screwballs: 100 Years of Brooklyn Baseball
  • Peter Golenbock, Bums: An Oral History of the Brooklyn Dodgers
  • Doris Kearns Goodwin, Wait Till Next Year: A Memoir
  • Frank Graham, The Brooklyn Dodgers: An Informal History
  • Orel Hershiser met Jerry B. Jenkins, Out of the Blue
  • Donald Honig, The Los Angeles Dodgers: Their First quarter Century
  • Roger Kahn, The Boys of Summer
  • Roger Kahn, The Era 1947–1957: When the Yankees, the Giants and the Dodgers Ruled the World
  • Mark Langill, The Los Angeles Dodgers
  • Tommy Lasorda with David Fisher, The Artful Dodger
  • Jane Leavy, Sandy Koufax: A Lefty's Legacy
  • Joseph McCauley, Ebbets Field: Brooklyn's Baseball Shrine
  • William McNeil, The Dodgers Encyclopedia
  • Tom Meany (editor), The Artful Dodgers
  • Andrew Paul Mele, A Brooklyn Dodgers Reader
  • John J. Monteleone (editor), Branch Rickey's Little Blue Book
  • Thomas Oliphant, Praying for Gil Hodges: A Memoir of the 1955 World Series and One Family's Love of the Brooklyn Dodgers
  • David Plaut, Chasing October: The Dodgers-Giants Pennant Race of 1962
  • Carl E. Prince, Brooklyn's Dodgers: The Bums, The Borough and The Best of Baseball
  • Jackie Robinson, I Never Had It Made
  • Gene Schoor, The Complete Dodgers Record Book
  • Gene Schoor, The Pee Wee Reese Story
  • Duke Snider with Bill Gilbert, The Duke of Flatbush
  • Michael Shapiro, The Last Good Season: Brooklyn, The Dodgers, and Their Final Pennant Race Together
  • Glen Stout, The Dodgers: 120 Years of Dodgers Baseball
  • Neil J. Sullivan, The Dodgers Move West
  • Jules Tygiel, Baseball's Great Experiment: Jackie Robinson and His Legacy
  • John Weaver, Los Angeles: The Enormous Village, 1781–1981

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]