[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Lee Hsien Loong

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lee Hsien Loong
Lee Hsien Loong
Lee in 2023

Eerste minister van Singapoer
Ampstermyn
12 Augustus 2004 – 15 Mei 2024
Vise Tony Tan
S. Jayakumar
Wong Kan Seng
Teo Chee Hean
Tharman Shanmugaratnam
Heng Swee Keat
Lawrence Wong
President S. R. Nathan
Tony Tan
Halimah Yacob
Tharman Shanmugaratnam
Voorafgegaan deur Goh Chok Tong
Opgevolg deur Lawrence Wong

Sekretaris-generaal van die People's Action Party
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 November 2004
Voorafgegaan deur Goh Chok Tong

Lid van die Singapoerse Parlement vir die Ang Mo Kio-groepverteenwoordigende- kiesafdeling
Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Augustus 1991
Voorafgegaan deur Amp geskep

Persoonlike besonderhede
Gebore Lee Hsien Loog
10 Februarie 1952 (1952-02-10) (72 jaar oud)
Singapoer
Politieke party People's Action Party
Ouers Lee Kuan Yew (vader)
Kwa Geok Choo (moeder)
Eggenoot/-note Wong Ming Yang (1978–1982; haar dood)
Ho Ching (1984–hede)
Kind(ers) 4
Alma mater Trinity College
Harvard-universiteit
Handtekening
Lojaliteit Singapoer
Diens/Tak Singapoer Weermag
Jare in diens 1971–1984
Rang Brigadier-Generaal

Lee Hsien Loong (Chinees: 李显龙; Tamil: லீ சியன் லூங்; gebore op 10 Februarie 1952) is 'n Singapoerse politikus. Hy is die huidige en derde eerste minister van Singapoer sedert 2004 asook die sekretaris-generaal van die People's Action Party.

Lee is die oudste seun van die eerste eerste minister van Singapoer, Lee Kuan Yew.

Vroeë lewe en opvoeding

[wysig | wysig bron]

Lee is op 10 Februarie 1952 in Britse Singapoer gebore as die oudste seun van die toekomende eerste minister van Singapoer, Lee Kuan Yew, en sy vrou, Kwa Geok Choo. Hy het 'n BA-graad in Wiskunde asook 'n diploma in Rekenaarwetenskap aan Trinity College verwerf voordat hy as 'n Mason Fellow 'n meestersgraad in Publieke Administrasie aan Harvard-universiteit voltooi het.[1]

Militêre loopbaan

[wysig | wysig bron]

In 1971 het Lee by die Singapoer Gewapende Magte (SAF) aangesluit, en het tussen 1974 en 1984 as 'n onderoffisier gedien, en het verskeie personeel- en bevelsposte beklee, insluitend Direkteur van die Direktoraat Gesamentlike Operasies en Planne, en Stafhoof van die Algemene Staf.[1]

Hy het ook die United States Army Command and General Staff College in Fort Leavenworth in 1978 bygewoon.[1]

Lee het vinnig deur die geledere in die Singapoer-weermag gestyg en die jongste brigadier-generaal in Singapoer se geskiedenis geword ná sy bevordering in Julie 1983 op die ouderdom van 31.[2]

Lee het as bevelvoerder van die 23ste Bataljon Singapoer Artillerie in die Singapoer Weermag gedien voordat hy die SAF in 1984 verlaat het om sy politieke loopbaan te begin.[2]

Politieke loopbaan

[wysig | wysig bron]

Lee het by die regerende People's Action Party waarvan sy vader leier was aangesluit. In die 1984-verkiesing is hy as die parlementslid vir die Teck Ghee Enkellid Kiesafdeling verkies. Hy is daarna as die Minister van Staat vir Handel en Nywerheid, en as die Minister van Staat vir Verdediging deur sy vader aangewys.[1]

In 1987 is hy as waarnemende Minister van Handel en Industrie aangewys voordat hy die jaar daarna 'n volle lid van die Kabinet as die Minister van Handel en Nywerheid en die Tweede Minister van Verdediging geword het.[1]

Op 28 November 1990 het Goh Chok Tong vir Lee Kuan Yew as eerste minister van Singapoer opgevolg. Lee is daarna as een van twee adjunk-eerste ministers aangewys.[1]

Eerste minister van Singapoer

[wysig | wysig bron]

Op 12 Augustus 2004 het Lee vir Goh as eerste minister van Singapoer opgevolg.[3] Hy het toe in November 2004 hoof van die People's Action Party geword.[1] Onder sy leierskap het die PAP vier agtereenvolgende algemene verkiesings gewen.[1]

Op 5 November 2023 het Lee sy besluit om as eerste minister en sekretaris-generaal van die PAP volgende jaar uit te tree aangekondig. Hy sal deur Lawrence Wong opgevolg word.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 Mr LEE Hsien Loong (Engels). Prime Minister's Office Singapore. URL besoek op 15 Desember 2023.
  2. 2,0 2,1 Terry Xu (26 Maart 2023). PM Lee, youngest BG in Singapore, said he did not regret joining politics instead of becoming a mathematician (Engels). The Online Citizen. URL besoek op 15 Desember 2023.
  3. "Singapore swears in a new leader". BBC News. 12 Augustus 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 20 September 2020.
  4. Singapore’s Lee Hsien Loong says he will step down as early as next year (Engels). Al Jazeera (5 November 2023). URL besoek op 15 Desember 2023.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]