Iztaccíhuatl
Voorkoms
Iztaccíhuatl | |
---|---|
Ligging | Meksiko |
Hoogte | 5 230 meter bo seevlak |
Reeks | Sierra Volcánica |
Koördinate | 19°10′39″N 98°37′58″W / 19.17750°N 98.63278°W |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Laaste uitbarsting | Holoseen |
Eerste bestyging | 1889 |
Eerste bestyger(s) | James de Salis |
Vertaling van naam | Wit vrou (Nahuatl) |
Iztaccíhuatl (Nahuatl: Iztāccihuātl [istakˈsiwatɬ] of [iʃtakˈsiwatɬ]) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate México en Puebla geleë is. Met 'n hoogte van 5 230 meter is dit die derde hoogste berg en vulkaan van Meksiko ná die Citlaltépetl en die Popocatépetl.
Die Iztaccíhuatl is halfpad tussen Meksikostad in die noordweste en Puebla de Zaragoza in die suidooste geleë. Net suid lê die tweelingsvulkaan Popocatépetl. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "wit vrou".
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Iztaccíhuatl.
- (en) "Iztaccihuatl". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017.
- (en) Iztaccíhuatl in die Global Volcanism Program van die Smithsonian Institution
- (en) Iztaccíhuatl op peakbagger.com