Huis van Normandië
Huis van Normandië | |
---|---|
Engelse koningshuis | |
Land | Engeland |
Voorganger | Huis van Wessex |
Opvolger | Huis van Plantagenet |
Eerste heerser | Willem die Veroweraar |
Laaste heerser | Stephen of Matilda (betwis) |
Die Huis van Normandië is die naam wat gebruik word vir die konings van Engeland ná die Normandiese verowering in 1066. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heersersklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool).
Die bewind van die Huis van Normandië het geduur tot met die totstandkoming van die Plantagenet-dinastie in 1154. Dit het Willem die Veroweraar en sy erfgename tot in 1135 ingesluit. Daarna is dit betwis deur Willem se kleinkinders Matilda en Stephen van die Huis van Blois (of die Blesevin-dinastie).
Dit was eers ná die Normandiese verowering dat Engelse monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.
Engelse monarge van die Huis van Normandië
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Huis van Normandië. |
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Norman dynasty
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 "thePeerage.com – Person Page 10203". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ "STEPHEN (of Blois) – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- ↑ 4,0 4,1 Matilda het dieselfde tyd as Stephen regeer, maar haar bewind is betwis. "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 27 Oktober 2007.
- ↑ "MATILDA (the Empress) – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2009. Besoek op 27 Oktober 2007.