[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Gilles Villeneuve

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Gilles Villeneuve sit op sy Ferrari by Imola in 1979

Gilles Villeneuve (18 Januarie 1950 – 8 Mei 1982) was 'n Kanadese renjaer, wat vir ses jaar aan Grand Prix-motorrenne vir Ferrari deelgeneem het. Hy het ses renne gewen en wydverspreide lof vir sy prestasies ontvang.

Villeneuve het in 'n ongeluk teen 230 km/h gesterf, veroorsaak deur 'n botsing met die March-motor wat deur Jochen Mass bestuur is tydens kwalifisering vir die 1982 Belgiese Grand Prix by Zolder. Die ongeluk het plaasgevind minder as twee weke ná 'n intense argument met sy spanmaat, Didier Pironi, oor Pironi se skuif om Villeneuve by die voorafgaande San Marino Grand Prix verby te steek. Ten tyde van sy dood was Villeneuve uiters gewild onder aanhangers en het sedertdien 'n ikoniese figuur in die geskiedenis van die sport geword.

Sy seun, Jacques Villeneuve, het in 1997 Formule Een Wêreldkampioen geword en is tot op hede die enigste Kanadees wat die Formule Een Wêreldkampioenskap gewen het.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]