Copán
Majaterrein van Copán* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Copán se balspelplek | |
Ligging van Copán in Honduras | |
Koördinate: 14°50′24″N 89°08′24″W / 14.84000°N 89.14000°W | |
Lande | Honduras |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | iv, vi |
Verwysings | 129 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1980 (4de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Copán is 'n argeologiese vondsplek van die Voor-Colombiaanse Majabeskawing wat in die Copán-department in die weste van Honduras net oos van die grens tot Guatemala geleë is. Dit was die hoofstad van 'n koninkryk tydens die Klassieke tydperk vanaf die 5de tot die 9de eeu. Die stad is geleë in die uiterste suidooste van die Meso-Amerikaanse kulturele gebied, op die grens met die Isthmo-Colombiaanse kulturele gebied, en was amper omring deur nie-Majamense.[1] In hierdie vrugbare vallei lê nou 'n stad met 'n bevolking van omstreeks 3000, 'n klein lughawe, en 'n kronkelpad. Die historiese naam van die stad is nog nie heeltemal duidelik nie. Copán is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Copán was vir meer as twee duisend jaar bewoon, van die vroeë Voor-Klassieke tydperk tot die Ná-Klassiek. Die stad het 'n kenmerkende beeldhouwerk in die tradisie van die Laeveld-Maja ontwikkel, miskien om die Maja-etnisiteit van die stad se leiers te beklemtoon.[1]
Die stad het 'n historiese rekord wat oor die grootste deel van die Klassieke tydperk streek en is in detail gerekonstrueer deur argeoloë en epigrafers.[1] Copán was 'n kragtige stad en het 'n groot koninkryk in die suide van die Majagebied beheers.[2] Die stad het 'n groot politieke ramp in 738 gely nadat Waxaklajuun Ub'aah K'awiil, een van die grootste konings in Copán se dinastiese geskiedenis, gevang en tereggestel is deur sy voormalige vasal, die koning van Quiriguá.[3][4][5] Hierdie onverwagte nederlaag het gelei tot 'n 17-jaar lange gaping in die geskiedenis van die stad, waartydens die mag in Copán deur Quiriguá oorneem is.[6] In die laat 8ste eeu is die stad laat vaar en het, soos die meeste ander Majastede in die diepte van die Yucatán-skiereiland, verval.
'n Groot gedeelte van die oostelike kant van die Akropolis is geërodeer deur die Río Copán, hoewel die rivier sedertdien herlei is om die terrein teen verdere skade te beskerm.[1]
Leiers
[wysig | wysig bron]Verwysings na die voor-dinastiese heersers van Copán is in latere tekste gevind, maar geeneen van hierdie tekste dateer die heerstigting van Copán in 426 n.C.[7]
Naam (of bynaam) | Regeer | Dinastiese opvolging no. |
Alternatiewe name |
---|---|---|---|
K'inich Yax K'uk' Mo' | 426 – c. 437 | 1 | Groot-Son Eerste Quetzal-arapapegaai |
K'inich Popol Hol | c. 437 | 2 | Groot-Son |
naam onbekend | c. 455 | 3 | Leier 3 |
Ku Ix | c. 465 | 4 | K'altuun Hix, Tuun K'ab' Hix |
naam onbekend | c. 476 | 5 | Leier 5 |
Muyal Jol | c. 485 | 6 | Leier 6 |
B'alam Nehn | 504–544 | 7 | Jaguar spieël; Waterlelie-Jaguar |
Wil Ohl K'inich[11] | 532–551 | 8 | Leier 8; Kop op aarde |
Sak-Lu | 551–553 | 9 | Leier 9 |
Tzi-B'alam | 553–578 | 10 | Maan-jaguar |
K'ak' Chan Yopaat[12] | 578–628 | 11 | B'utz' Chan; Rokende slang |
Chan Imix K'awiil | 628–695 | 12 | Rokende Jaguar; Rokende Imix |
Waxaklajuun Ub'aah K'awiil | 695–738 | 13 | 18 haas |
Ajaw K'ak' Joplaj Chan K'awiil | 738–749 | 14 | Rokende aap |
Ajaw K'ak' Yipyaj Chan K'awiil | 749–763 | 15 | Rokende skulp; Rokende eekhoring |
Yax Pasaj Chan Yopaat | 763–na 810 | 16 | Yax Pac |
Ukit Took | 822 | 17? | – |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Sharer, Robert J.; Loa P. Traxler (2006). The Ancient Maya (6de uitg.). Stanford, CA: Stanford University Press. pp. 339, 476. ISBN 0-8047-4817-9. OCLC 57577446.
- ↑ (en) Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. pp. 203–205. ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325.
- ↑ (en) Looper, Matthew G. (2003). Lightning Warrior: Maya Art and Kingship at Quirigua. Linda Schele series in Maya and pre-Columbian studies. Austin: University of Texas Press. p. 76. ISBN 0-292-70556-5. OCLC 52208614.
- ↑ (en) Miller, Mary Ellen (1999). Maya Art and Architecture. London and New York: Thames & Hudson. pp. 134–35. ISBN 0-500-20327-X. OCLC 41659173.
- ↑ (en) Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. pp. 206–207. ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325.
- ↑ (en) Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. p. 208. ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325.
- ↑ (en) Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. p. 203. ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325.
- ↑ (en) Fash, William L.; Ricardo Agurcia Fasquelle (2005). "Contributions and Controversies in the Archaeology and History of Copán". In E. Wyllys Andrews & William L. Fash (red.). Copán: The History of an Ancient Maya Kingdom. Santa Fe, New Mexico, USA.: School of American Research Press. p. 201. ISBN 0-85255-981-X. OCLC 474837429.
- ↑ (en) Sharer, Robert J.; Loa P. Traxler (2006). The Ancient Maya (6de uitg.). Stanford, CA: Stanford University Press. p. 336. ISBN 0-8047-4817-9. OCLC 57577446.
- ↑ (en) Sharer, Robert J.; Loa P. Traxler (2006). The Ancient Maya (6de uitg.). Stanford, CA: Stanford University Press. p. 337. ISBN 0-8047-4817-9. OCLC 57577446.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Fash, William L.; Agurcia Fasquelle, Ricardo (2005). "Contributions and Controversies in the Archaeology and History of Copán". In E. Wyllys Andrews & William L. Fash (red.). Copán: The History of an Ancient Maya Kingdom. Santa Fe, New Mexico, USA.: School of American Research Press. pp. 3–32. ISBN 0-85255-981-X. OCLC 474837429.
- (en) Fash, William L.; Andrews, E. Wyllys; Manahan, T. Kam (2005). "Political Decentralization, Dynastic Collapse, and the Early Postclassic in the Urban Center of Copán, Honduras". In Arthur A. Demarest, Prudence M. Rice and Don S. Rice (red.). The Terminal Classic in the Maya lowlands: Collapse, transition, and transformation. Boulder: University Press of Colorado. pp. 260–287. ISBN 0-87081-822-8. OCLC 61719499.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Copán.
- (en) "Copán". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Oktober 2018.