Boeing B-47 Stratojet
Boeing B-47 Stratojet | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | Boeing |
Nooiensvlug | 17 Desember 1947 |
Vrygestel | Junie 1951 |
Onttrek | Laaste weergawe in 1977 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Aantal gebou | 2032 |
Eenheidskoste | VS$1,9 miljoen (B-47E)[1] (VS$16,4 milj. in 2016 dollars) |
Die Boeing B-47 Stratojet was 'n straalaangedrewe bomwerper wat deur die Amerikaanse Lugmag gebruik is. Toe die Tweede Wêreldoorlog na 'n einde se kant staan het die United States Army Air Forces reeds begin met 'n program om hulle skroefaangedrewe bomwerpers te vervang. Vier kontrakteurs is genader om met ontwerpe vorendag te kom. Die spesifikasie was vir 'n subsoniese, hoëhoogte bomwerper met 'n medium togafstand. Boeing se ontwerp, die sesmotorige XB-47, is as die beste ontwerp aanvaar.
Die ontwerp het voorsiening gemaak vir swiepvlerke; wel teen 'n hoek van 35° met die romp.[2] Die rede vir die ses motore was omrede die eerste geslag straalmotore se stukrag maar swak was, tewens die eerste generasie van die vliegtuig was toegerus met 18 soliedestaatversterkervuurpyle.
Toe die vliegtuig in 1952 in diens gestel is,[3] het interkontinentale ballistiese missiele nog nie bestaan nie en was die Boeing B-47 die grootste afskrikmiddel waaroor die VSA toe beskik het. Ander unieke ontwerpeienskappe was die afstandbeheerde stertskiettoring en driewieltipe-onderstel. Die vliegtuig was swaar vir sy tyd, swaarder as die bomwerpers van die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig moes 'n valskerm tydens landing ontplooi om betyds te kon stop, een van die eerste vliegtuie wat sodanig toegerus was.
Die vliegtuig het 'n bomvrag van 9 080 kg (20 000 pond) gehad en kon dus twee van die destydse atoombomme dra. Omrede die vliegtuig oor 'n togafstand van slegs 5 794 km beskik het moes die VSA met vriendelike nasies onderhandel om hulle vliegvelde te kon gebruik, soos Brittanje, Spanje en Marokko, en natuurlik ook hulle eie deelstaat, Alaska. Dit het verseker dat hulle binne reikafstand van Rusland kon kom. Die vliegtuig is later toegerus met invlug-brandstofhervultoerusting.
Die B-47 is vervang deur die Convair B-58 Hustler.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 6 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | General Electric J47-GE-25 turbostraal |
Kraglewering per motor | 3 269 kg stukrag |
Vlerkspan | 35,36 m |
Lengte | 33,48 m |
Hoogte | 8,51 m |
Vlerkoppervlakte | 132,66 m2 |
Maks. opstygmassa | 89 973 kg |
Maks. snelheid | 975 km/h |
Operasionele hoogte | 12 352 m |
Togafstand | 5 794 km |
Klimvermoë | 1 326 m per minuut |
Bewapening | Twee 20 mm kanonne in stertskiettoring tot 9 080 kg bomme |
Bron en verwysings
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9