Bandkopgans
Bandkopgans | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. indicus
|
Binomiale naam | |
Anser indicus (Latham, 1790)
| |
Sinonieme | |
|
Die bandkopgans is 'n gans wat naby mere in die bergagtige streke van Sentraal-Asië voorkom.
Hierdie ganse word noord van die Himalajas, Indië, Pakistan, Kasjmir, Pandjab en Assam aangetref.
Mannetjies en vroutjies se veredosse is identies: wit vere met 'n donker vlek bo die dye, op die agterstert, voor en agter op die nek en twee kenmerkende donker bande wat van die agterkop oor die gesig strek. Bandkopganse is oor die algemeen nie aggressiewe voëls nie en kan in groepe van gemengde watervoëls aangehou word.
Bandkopganse vreet hoofsaaklik snags en hul dieet bestaan veral uit waterplante en gras. Hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.
Hierdie ganse broei tussen Oktober en Januarie. Hulle bou hul nes tussen lang gras of plante en voer dit dan met dons uit. Die wyfie lê drie tot ses roomwit eiers wat na 30 dae uitbroei. Die kuikens is self na twee tot drie jaar broeigereed.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- BirdLife International (2004). Anser indicus. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.
- Hilko Insel, (2005): Eksotiese Watervoëls. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0799334286