Australiese Ope (tennis)
Die Australiese Ope (Engels: Australian Open) is 'n groot tenniskampioenskap wat jaarliks in Januarie in Melbournepark, Australië, aangebied word. Dit is die eerste Grand Slam-toernooi van die jaarlikse tenniskalender. Dit is die grootste sporttoernooi wat jaarliks in Australië plaasvind.
Soos by alle Grand Slam-toernooie word mans- en damesenkels, mans- en damesdubbels, gemengde dubbels en juniorkampioenskappe gespeel. 'n Toernooi vir rolstoel-tennisspelers en vertoonwedstryde deur bekende spelers word ook aangebied.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Oorspronklik is die kampioenskap aan die begin van die kalenderjaar gehou. In 1977 word dit verskuif na einde Desember (rondom Kersfees) en is twee kampioenskappe die jaar in beide Januarie en Desember aangebied. Teen einde 1985 word besluit om na die oorspronklike reëling terug te val en dat die volgende kampioenskap eers in 1987 gespeel sou word. As gevolg hiervan is geen kampioenskap in 1986 gehou nie.
Voor 1983 het baie van die wêreld se beste spelers nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie. Die hoofrede hiervoor was dat dit te ver was om te reis en baie spelers het dit nie as 'n belangrike toernooi geag nie.
Hitte-beleid
[wysig | wysig bron]Die toernooi word in Januarie, tydens die warm Australiese somer gespeel. In 1998 word 'n uitermatige hitte-beleid ingevoer.[1] Dit is die enigste groot toernooi wat so 'n beleid het.[2] Sodra die temperatuur bokant 35 grade Celsius styg kan spel vir 'n rukkie gestop word om dehidrasie van deelnemers te voorkom. Wedstryde op buitebane word dan onderbreek. Die dak oor die hoofstadion kan toegemaak word en verkoelingstelsels kan aangeskakel word.[2] In 2007 het temperature op die bane tot bokant 50 grade Celsius gestyg.[1]
Finaliste
[wysig | wysig bron]Hieronder die mees onlangse finaliste in beide die mans- en damesenkelspel:
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Australian Open Weather / Extreme Heat Policy | Australian Open". australian.open-tennis.com. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2012. Besoek op 31 Januarie 2011.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Extreme heat policy likely at Australian Open – ABC News (Australian Broadcasting Corporation)". abc.net.au. 28 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2010. Besoek op 31 Januarie 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Australiese Ope (tennis). |
- (en) Die Australiese Ope se amptelike webwerf
- (en) "Australian Open". Encyclopædia Britannica. Besoek op 29 Januarie 2024.
37°49′18″S 144°58′42″O / 37.82167°S 144.97833°O
Voorafgegaan deur VSA Ope |
Grand Slam Kampioenskappe Januarie |
Opgevolg deur Franse Ope |