Audi Pikes Peak quattro
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Audi |
Produksie | 2003 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Konsep SNV |
Bakstyl | 5-deur 6-sitplek groot SNV |
Uitleg | Voorenjin, quattro permanente vierwieldryf |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 4.2 L FSI V8 2x DOHC |
Ratkas | 6-gang tiptronic outomaties |
Plek in geskiedenis | |
Opvolger | Audi Q7 |
Die Audi Pikes Peak quattro was 'n sportnutskonsepmotor. Dit is geskep deur die Duitse premium motorvervaardiger, Audi.[1][2] Die Pikes Peak quattro is die eerste keer in 2003 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou tentoongestel. Dit was die eerste van drie konsepmotors deur Audi ontwerp en vertoon in 2003, voor die Audi Nuvolari quattro en die Le Mans quattro.
Die Pikes Peak quattro is vernoem na die beroemde bergklimroete Pikes Peak in die Rocky Mountains. Hier het hulle vele algehele oorwinnings behaal en rekords verbeter gedurende die 1980's, as gevolg van die vermoë van die "quattro" motors op moeilike terrein.
Die Pikes Peak quattro se ontwerp is sederdien verder ontwikkel in die produksie Audi Q7.
Verwysings
[wysig | wysig bron]
Audimodelle |
---|
Produksiemodelle:
• A1
• A2
• A3
• S3
• A4
• S4
• RS4
• A5
• A6
• S6
• RS6
• A7
• S7
• RS7
• Q3
• Q5
• Q7
• A8
• S8
• TT
• R8 |
Wysig hierdie sjabloon |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |