[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Arneb

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Arneb
Arneb se ligging (in die rooi sirkel).
Arneb se ligging (in die rooi sirkel).
Sterrebeeld Haas
Bayer-naam Alpha Leporis
Spektraaltipe F0 Ib[1]
Soort Superreus
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 32m 43.81612s[2]
Deklinasie -17° 49′ 20.2414″[2]
Skynmagnitude (m) 2,589[3]
Absolute magnitude (M) -6,574[2]
B-V-kleurindeks  +0,217[3]
U-B-kleurindeks  +0,386[3]
Besonderhede
Massa (M) 13,9 ± 0,8[4]
Radius (R) 129[5]
Ligsterkte (L) 32 000[6]
Ouderdom (jaar) 13 miljoen[4]
Temperatuur (K) 6 850 ± 80[4]
Afstand (ligjaar) 2 218
Rotasiespoed (km/s) 21[7]
Metaalinhoud [Fe/H] +0,04[8]
Ander name
11 Leporis, BD−17°1166, FK5 207, HD 36673, HIP 25985, HR 1865, SAO 150547
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Arneb (ook bekend as Alpha Leporis of α Lep) is die helderste ster in die sterrebeeld Haas (Lepus), en is sowat 2 218 ligjare van die Son af.

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Leporis" en sy Flamsteed-naam "11 Leporis". Die tradisionele naam, "Arneb", kom van die Arabiese أرنب arnab, "haas"[9] (Lepus is die Latyn vir "haas"). Die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[10] het die naam Arneb in Julie 2016 vir die ster goedgekeur.[11][12]

Eienskappe

[wysig | wysig bron]

Arneb is ’n groot ster met ’n massa van sowat 14 keer dié van die Son[4] en ’n radius van 129 keer die Son s’n.[5] Dit is sowat 2 218 ligjare van hier af.[2] Die ster het ’n sterreklassifikasie van F0 Ib;[1] die ligsterkteklas Ib dui aan dit is ’n superreus met ’n laer ligsterkte. Sy spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte vir die klassifikasie van ander sterre.[13] Die ster se effektiewe temperatuur is sowat 6 850 K,[4] wat dit die geelwit kleur gee wat tipes van F-tipe sterre is. Dit is sowat 13 miljoen jaar oud.[4]

Arneb is ’n ouer, geëvolueerde ster wat reeds deur sy superreusfase is en nou in die laaste stadium van sy sterevolusie is, of dit sit dalk nog uit as deel van sy superreusfase. Volgens sy geraamde massa sal dit na verwagting in ’n supernova ontplof – maar nie voor die volgende miljoen jaar nie. [14]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Gray, R. O.; Napier, M. G.; Winkler, L. I. (April 2001), "The Physical Basis of Luminosity Classification in the Late A-, F-, and Early G-Type Stars. I. Precise Spectral Types for 372 Stars", The Astronomical Journal 121 (4): 2148–2158, doi:10.1086/319956, Bibcode2001AJ....121.2148G 
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 van Leeuwen, F. (November 2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357.
  3. 3,0 3,1 3,2 Gutierrez-Moreno, Adelina et al. (1966), A System of photometric standards, 1, Publicaciones Universidad de Chile, Department de Astronomy, pp. 1–17, Bibcode1966PDAUC...1....1G 
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 4,5 Lyubimkov, Leonid S.; et al. (Februarie 2010). "Accurate fundamental parameters for A-, F- and G-type Supergiants in the solar neighbourhood". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 402 (2): 1369–1379. arXiv:0911.1335. Bibcode:2010MNRAS.402.1369L. doi:10.1111/j.1365-2966.2009.15979.x.
  5. 5,0 5,1 Lang, Kenneth R. (2006), Astrophysical formulae, Astronomy and astrophysics library, 1 (3rd ed.), Birkhäuser, ISBN 3-540-29692-1, https://books.google.com/books?id=OvTjLcQ4MCQC&pg=PA41 
  6. Smiljanic, R. et al. (April 2006), "CNO in evolved intermediate mass stars", Astronomy and Astrophysics 449 (2): 655–671, doi:10.1051/0004-6361:20054377, Bibcode2006A&A...449..655S 
  7. Royer, F. et al. (Oktober 2002), "Rotational velocities of A-type stars in the northern hemisphere. II. Measurement of v sin i", Astronomy and Astrophysics 393: 897–911, doi:10.1051/0004-6361:20020943, Bibcode2002A&A...393..897R 
  8. Venn, Kim A. (Augustus 1995), "Atmospheric Parameters and LTE Abundances for 22 Galactic, A-Type Supergiants", Astrophysical Journal Supplement 99: 659, doi:10.1086/192201, Bibcode1995ApJS...99..659V 
  9. Allen, Richard Hinckley (1899), Star-names and Their Meanings, G. E. Stechert, p. 268, https://books.google.com/books?id=5xQuAAAAIAAJ&pg=PA268 
  10. "IAU Working Group on Star Names (WGSN)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 22 Mei 2016.
  11. Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hersiene uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN 978-1-931559-44-7.
  12. "IAU Catalog of Star Names" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 28 Julie 2016.
  13. Garrison, R. F. (Desember 1993), "Anchor Points for the MK System of Spectral Classification", Bulletin of the American Astronomical Society 25: 1319, Bibcode1993AAS...183.1710G, archived from the original on 2019-06-25, https://web.archive.org/web/20190625094716/http://www.astro.utoronto.ca/~garrison/mkstds.html, besoek op 2012-02-04 
  14. Kaler, James B., "ARNEB (Alpha Leporis)", Stars (University of Illinois), http://stars.astro.illinois.edu/sow/arneb.html, besoek op 2012-01-08 

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]