Ahasia
Ahasia | |
---|---|
Ahasia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum | |
Gebore | |
Sterf | Jerusalem, Juda |
Nasionaliteit | Israeliet |
Beroep | Sesde koning/koningin van Juda |
Termyn | 841 v.C. |
Voorganger | Joram |
Opvolger | Atalia |
Kinders | Joas |
Ouer(s) | Joram en Atalia |
Ahasia was die sesde koning van die Koninkryk Juda en het een jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Joram. Hy was 42 jaar oud toe hy koning geword het. Volgens die Bybel het hy in die voetstappe van sy pa gevolg en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Hy is deur Jehu doodgemaak in opdrag van die profeet Elia. Hy is opgevolg deur sy moeder Atalia.
Sy ouer broers het tydens die aanvalle van die Arabiere en Filistyne gesneuwel. Tydens sy eenjarige regeringstyd het hy volkome onder die invloed van sy moeder Atalia en die familie van Ahab gestaan.
Dit word genoem dat hy in Ramot in Gilead saam met koning Joram van Israel teen die Siriërs geveg het. Koning Joram word tydens die veldslag gewond. Toe Ahasia sy beseerde oom in Jesreel besoek word hy daar deur Jehu vermoor. Daardeur word die vloek van die Here op die Huis van Ahab voltrek. Tydens hierdie geleentheid sterf 42 prinse van Juda en nefies van Ahasia. Hierna vermoor Atalia die oorblywende manlike familielede van Ahasia om haar mag te verseker. Slegs Joas, die seun van Ahasia oorleef nadat sy deur die suster van Ahasia gered word.
Verwysings in die Bybel
[wysig | wysig bron]2 Kronieke 21: 17, 2 Kronieke 22: 1, 2 Konings 8: 28, 2 Konings 10: 12-14
Literatuur
[wysig | wysig bron]- Die Bybel (1953-Vertaling)
- Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1