Adansonia digitata
Baobab | |
---|---|
A. digitata in die Ivoorkus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Adansonia |
Spesie: | A. digitata
|
Binomiale naam | |
Adansonia digitata L., (1759)
| |
Sinonieme | |
|
Die Boabab (Adansonia digitata) is 'n boom wat deel is van die Malvaceae familie. In Suid-Afrika is die plant is inheems in Limpopo en in Afrika in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Ghana, Golf van Guinee-eilande, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Dit kom ook op die Arabiese Skiereiland in Jemen en Oman voor.
Die Boabab is die mees bekende van die agt kremetartspesies, en was die eerste om wetenskaplik beskryf te word. Dit is die enigste van die agt spesies wat inheems aan Afrika is, en word redelik algemeen aangetref in die warm, droë bosveld, savanne en droë woude van Afrika. Dit is ook inheems aan die kusstrook van die Comoro-argipel.
Die boom staan ook bekend as die kremetartboom en Afrika-kremetart.
Blomme
[wysig | wysig bron]Die blomme van Adansonia digitata leef soos dié van ander kremetartspesies net vir 'n enkele nag. Die blomtyd is van November tot Januarie, essensieel die aanvang van die reënseisoen in suider-Afrika en Madagaskar. Elke blom dra soveel as 1 500 helmdrade wat 'n soort tossel vorm. Elke aand kort voor of na sononder gaan daar 'n stel van die blomme gelyktydig oop by verskillende bome. Dit gebeur binne enkele minute, deurdat die blomblare opwaarts oopvou. Die blomme stel tydens die nag geure vry wat bestuiwers lok wat op soek is na die nektar wat hoog binne die blomkroon vrygestel word. Die bestuiwers dra die stuifmeel weer oor na 'n volgende blom se stamper.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- IUBN Rooilys veilige spesies
- Adansonia
- Bome van Afrika
- Flora van Angola
- Flora van Benin
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo
- Flora van Eritrea
- Flora van Ethiopië
- Flora van Gambië
- Flora van Ghana
- Flora van Guinee
- Flora van Guinee-Bissau
- Flora van Ivoorkus
- Flora van Jemen
- Flora van Kameroen
- Flora van Kenia
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Mauritanië
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van Oman
- Flora van die Republiek die Kongo
- Flora van Senegal
- Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
- Flora van Sierra Leone
- Flora van Somalië
- Flora van Soedan
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Togo
- Flora van Tsjad
- Flora van Uganda
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe