26ste eeu v.C.
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 2600 v.C.)
Die 26ste eeu v.C. het geduur van 2600 tot 2501 v.C.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Omstreeks 2900–2334 v.C.: Die Mesopotamiese oorloë van die Vroeë Dinastie duur voort.
- Omstreeks 2600 v.C.: Die Indusvallei-beskawing word magtiger.
- Omstreeks 2600 v.C.: Voorpaleistydperk, Fase I, in Kreta.
- Omstreeks 2589 of 2601 v.C.: Farao Cheops kom aan die bewind.
- Omstreeks 2575 v.C.: Ou Ryk in Antieke Egipte (4de Dinastie), Snofroe is farao.
- Omstreeks 2558 of 2570 v.C.: Chafra se bewind begin in Antieke Egipte.
- Omstreeks 2550 v.C.: Die jaar waarin die Groot Piramide van Giza na raming voltooi is.
- Omstreeks 2550 v.C.: Mesannepada is koning van Ur.
- Omstreeks 2533/2 v.C.: Menkaoera se bewind in Antieke Egipte begin.
- Omstreeks 2510-2460 v.C.: Ti kyk na ’n seekoeijag (die grafkelder van Ti in Saqqara, 5de Dinastie van Antieke Egipte) word gemaak.
- Omstreeks 2500 v.C.: Die legendariese Sanhuangwudi-linie van leiers in China word deur Huang Di gestig.
- Omstreeks 2500 v.C.: Die bou van Stonehenge begin.
Belangrike mense
[wysig | wysig bron]- Omstreeks 2601-2578 v.C.: Die bewind van farao Cheops van Antieke Egipte se 4de Dinastie.
- 2599 v.C.: Hoeni is farao.
- 2575 v.C.: Snofroe is farao.
- 2528 v.C.: Djedefre is farao.
- 2520 v.C.: Chafra is farao.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- Omstreeks 2578 of 2566 v.C.: Cheops.
- Omstreeks 2544 of 2532 v.C.: Chafra.
- Omstreeks 2515 of 2503 v.C.: Menkaoera.