Pous Donus
Pous Donus | |
---|---|
Pontifikaat begin | 2 November 676 |
Pontifikaat eindig | 11 April 678 |
Voorganger | Adeodatus |
Opvolger | Agato |
Gebore | Rome |
Sterf | 11 April 678 Rome, Italië |
Donus (ook gespel 'Donos' of 'Domnus') was die 78ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
Pous Donus is gebore in Rome die seun van Mauricius. Op 2 November 676 volg hy Pous Adeodatus op en regeer tot sy dood op 11 April 678. Hy word opgevolg deur Pous Agato.
Pontifikaat
Pous Donus was 'n fel teenstander van die Monotelitisme. Hy het die binnehof van die Sint Pieterskerk met marmer blokke laat plavei en ook ander kerke in Rome soos Sint Eufemia op die Via Appia en Sint Paulus buite die mure, laat restoureer. Hy het 'n groep Nestoriaanse monnike uit die Boethius-klooster laat verdryf en die klooster aan Katolieke monnike gegee. Hy het 'n ooreenkoms met Reparatus, aartsbiskop van Ravenna bereik, wat Ravenna weer onder die gesag van die Pous gebring het. Sy beleid ten opsigte van Konstantinopel was gemik op versoening.
Die Liber Pontifikalis (LP II, XVIII & 256) noem 'n brief van 'n Pous Donus II, dit is egter 'n fout weens die verwarring van die titel 'Domnus' (dominus) en die naam Donus. Die brief behoort aan Pous Benedictus VI.
Verering
Pous Donus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 20 Januarie.
Bibliografie
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne Skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
Voorafgegaan deur Adeodatus |
Pous (Pontifex Maximus) 676 – 678 |
Opgevolg deur Agato |