[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

On the Road

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
On the Road
[[Lêer:Lêer:On the road (art).jpg|264px]]

SkrywerJack Kerouac
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
TaalEngels
OnderwerpBeat
GenreNie-fiksie
UitgewerViking Press
Uitgegee5 September 1957
MediumDruk (gebind & sagteband)
Bladsye320
Voorloper The Town and the City (1950)
VervolgThe Subterraneans (1958)

On the Road (Afrikaans: Op die pad) is 'n boek geskryf deur die Amerikaanse skrywer Jack Kerouac en vir die eerste keer uitgegee in Augustus 1957. Die verhaal is merendeels outobiografies en gaan oor verskillende reise wat Kerouac tussen 1947 en 1950 deur die Verenigde State en Meksiko gemaak het en die persone wat hy op die pad ontmoet het.

Die verhaal

Die drie beskryfde reise in die boek: 1947 (rooi lyn), 1949 (blou) en 1950 (groen)

Die boek is geskryf vanuit die perspektief van Sal Paradise, Kerouac se alter ego in die boek en die ek-persoon. Die eintlike hoofkarakter en inspirasie vir die avonture wat Paradise beleef, is egter die jong en buitengewoon energieke Dean Moriarty, wie gebaseer is op Kerouac se vriend en held Neal Cassady as model dien. On the Road begin met 'n inleiding van Dean in die kunstenaarskringe van New York waar Sal op daardie oomblik deel van uitmaak. Ander personlikhede is onder meer Allen Ginsberg (Carlo Marx), Herbert Huncke (Elmer Hassel) en William S. Burroughs (Old Bull Lee) te herken.

Die reis, beide met as sonder Dean, gaan Sal verskillende kere dwars deur die Verenigde State. Hy doen onder meer stede soos Chicago, Denver, San Francisco, Los Angeles en New Orleans aan. Die laaste beskryf hy 'n reis in 1950 van New York na Denver en daarna met Dean via Texas na Meksiko-Stad. Sal is aanvanklik geïnspireerd deur die romantiek van die lewe onderweg en die ontmoetings wat hy het met uiteenlopende persone gehad het, maar raak aangaande in die boek meer en meer bevange deur eensaamheid en melankolie. Die vriendskap met Dean word op die proef gestel deur sy onbetroubaarheid; hy kom sy afsprake nie na nie en hy laat Sal meermale in die steek.

Verfilming

Die regte om die boek te verfilm is sedert 1968 in die hande van Francis Ford Coppola. Verskeie kere is daar ver gevorder met planne vir verfilming, wat egter voor die daadwerklike produksiefase weer gestaak is. In 2005 was regisseur Walter Salles en José Rivera (albei bekend van die verfilming van Che Guevara se Diarios de motocicleta) deur Coppola genader. In Julie 2010 is begin met die produksie van die verfilming van On The Road. Sam Riley speel die rol van Sal Paradise, verder verskyn in die film onder andere Garrett Hedlund as Dean Moriarty, Kristen Stewart as Mary Lou, Kirsten Dunst as Camille en Viggo Mortensen as Old Bull Lee.

Jubileumuitgawe

Ter geleentheid van die vyftigste verjaardag van On the Road het die oorspronklike uitgewer Viking Press (sedert 1975 deel van die Penguin Group) op 16 Augustus 2007 'n spesiale uitgawe van die boek uitgegee. Hierdie uitgawe volg Kerouac se eerste volledige weergawe van die verhaal, geskryf in 1951, ses jaar voor die publikasie van die boek. Kerouac het die verhaal in drie weke tyd op agt groot velle papier, wat later aaneengepak word tot 'n rol van ruim 36 meter lank. In vergelyking met die eerste publikasie is die oorspronklike weergawe 'n bietjie langer, eksplisier van toon en bevat die gedeeltes wat in 1957 nog steeds as onvanpas bestempel is. Voorts word die regte name gebruik van die persone wat in die boek voorkom.

Sien ook

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia