Thabo Mbeki
Thabo Mvuyelwa Mbeki (gebore 18 Junie 1942 in Mbewuleni, Transkei), is die voormalige president van Suid-Afrika, asook van die ANC. Hy het Nelson Mandela op 14 Junie 1999 as president opgevolg. Mbeki het sy tweede termyn as president begin uitdien op 27 April 2004, nadat die ANC die algemene verkiesing van 2004 met 'n oorweldigende meerderheid gewen het. Op 20 September 2008, kondig hy aan dat hy as president sal bedank na 'n oproep in die verband deur die ANC se uitvoerende bestuurskomitee. Sy bedanking is met ingang van 25 September 2008 van krag.
Thabo Mbeki | |
Ampstermyn 16 Junie 1999 – 24 September 2008 | |
Vise | Jacob Zuma Phumzile Mlambo-Ngcuka |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nelson Mandela |
Opgevolg deur | Kgalema Motlanthe |
1ste President van die Afrika-Unie
| |
Ampstermyn 9 Julie 2002 – 10 Julie 2003 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Joaquim Chissano |
20ste Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
| |
Ampstermyn 1999 – 2003 | |
Voorafgegaan deur | Nelson Mandela |
Opgevolg deur | Mahathir Mohamad |
1ste Voorsitter-in-kantoor van die Britse Statebond
| |
Ampstermyn 12 November 1999 – 2 Maart 2002 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | John Howard |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 14 Junie 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Amp geskep Alwyn Schlebusch as adjunk-staatspresident van Suid-Afrika, 1981–1984 |
Opgevolg deur | Jacob Zuma |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 18 Junie 1942 Mbewuleni, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Zanele Dlamini |
Kind(ers) | Monwabise Kwanda |
Alma mater | Universiteit van Londen Universiteit van Sussex |
Handtekening |
Agtergrond
wysigHy is die seun van Govan en Epainette Mbeki, en het op Dutywa en Butterworth skoolgegaan. Hy was op hoërskool aan die Lovedale Institute in Alice, maar is geskors ná leerlingstakings in 1959, en moes sy leerwerk tuis voltooi. Mbeki het in 1959 sy matriekeindeksamen aan St John's School in Umtata geskryf.
In 1956, terwyl hy nog 'n hoërskoolleerling was, sluit hy by die ANC-Jeugliga aan. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, raak hy betrokke by verskeie ondergrondse aktiwiteite in die Pretoria-Witwatersrand-gebied ná die ANC in 1960 verban is. Hy probeer in 1961 die republiekwording van Suid-Afrika verhinder, maar verlaat uiteindelik in 1962 die land op aanbeveling van die ANC.
Vryheidstryd
wysigMbeki gaan na Zimbabwe en toe na Kenia vir 'n kort tyd, voordat hy na Londen vertrek waar hy sy Britse A-vlak-eksamen in 1962 voltooi. Hy skryf hom in aan die Universiteit van Londen waar hy sy eerstejaargraad in ekonomie as 'n buitemuurse student behaal. Terselfdertyd mobiliseer hy studente om in Londen protes teen Apartheid aan te teken. Mbeki studeer in Londen tot 1966 toe hy sy Meestersgraad in Ekonomie aan die Universiteit van Sussex verwerf.
Vanaf 1967 tot 1970 werk hy vir die ANC se kantoor in Londen, wat hom vir militêre opleiding in die Sowjetunie stuur. Tussen 1971 en 1978 verrig hy verskeie take vir die ANC in Afrika. Hy reis onder meer na Botswana, Swaziland (nou Eswatini) en Nigerië, waar hy met verskeie persone onderhandel. Hy trou in 1974 met Zanele Dlamini.
In 1978 beklee Mbeki die rang van politieke sekretaris in die kantoor van die president van die ANC. Hy vorder in 1984 tot Direkteur van die departement van inligting en publisiteit van die ANC, 'n pos wat hy tot en met 1989 hou. Hy was ook betrokke by geheime vergaderings tussen ANC-lede en lede van die destydse Nasionale Party-regering, asook by die Dakar-beraad waar vername Afrikaanssprekendes die ANC ontmoet het.
Post-1994
wysigOnderhandelinge tussen dié twee politieke groepe lei daartoe dat die ANC wettig verklaar en dat politieke gevangenes vrygelaat word. Hy is ook betrokke by onderhandelinge wat in 1994 tot die eerste demokratiese verkiesing lei, en die opstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse grondwet.
Vanaf 1994 tot 1999 beklee hy die amp van uitvoerende Adjunkpresident van Suid-Afrika, waarna hy met Mandela se uittrede tot president verkies word.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Thabo Mbeki.
- http://www.info.gov.za/leaders/president/index.htm Geargiveer 16 April 2007 op Wayback Machine
Voorafgegaan deur Nuwe amp |
Adjunkpresident van Suid-Afrika 1994–1999 saam met Frederik Willem de Klerk (1994–1996) |
Opgevolg deur Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur Nelson Mandela |
President van Suid-Afrika 1999–2008 |
Opgevolg deur Kgalema Motlanthe |
Voorafgegaan deur Nelson Mandela |
Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande 1999–2003 |
Opgevolg deur Mahathir bin Mohammad |
Voorafgegaan deur Nuwe amp |
Voorsitter-in-kantoor van die Britse Statebond 1999–2002 |
Opgevolg deur John Howard |
Voorafgegaan deur Levy Mwanawasa |
Voorsitter van die Afrika-Unie 2002–2003 |
Opgevolg deur Joaquim Chissano |
Presidente van Suid-Afrika | ||
1961–1994 | seremonieel: Charles Robberts Swart | Jozua François Naudé (waarnemend) | Jacobus Johannes Fouché | Nicolaas Johannes Diederichs | Marais Viljoen (waarnemend) | John Vorster | Marais Viljoen | uitvoerend: Pieter Willem Botha | Frederik Willem de Klerk | |
1994– | Nelson Mandela | Thabo Mbeki | Kgalema Motlanthe | Jacob Zuma | Cyril Ramaphosa |