19 Maart
datum
<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
19 Maart is die 78ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (79ste in skrikkeljare). Daar volg nog 287 dae.
Gebeure
wysig- 1227 – Pous Gregorius IX volg Pous Honorius III op.
- 1279 – Die Song-dinastie in Keiserlike China eindig met 'n Mongoolse oorwinning tydens die Slag van Yamen.
- 1317 – Jacques Fournier (later Pous Benedictus XII) word biskop van Pamiers.
- 1513 – Pous Leo X word gekroon in Rome.
- 1682 – Koning Lodewyk XIV laat die Franse geestelikes die vier Galliese Vryhede aanvaar.
- 1687 – Die soektog na die monding van die Mississippirivier gelei deur die Franse ontdekkingsreisiger Robert Cavelier de La Salle eindig met 'n muitery en sy dood in Texas.
- 1743 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word biskop gewy.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer In gravissimis oor die oppergesag van die pous en Novae hae litterae oor die toestand van die Franse kerk.
- 1799 – Tydens die Helvetiese Republiek word die Switserse frank vir die eerste keer as die enigste geldeenheid vir Switserland ingevoer.
- 1915 – Die planeet Pluto word vir die eerste keer gefotograffeer 15 jaar voor dit uiteindelik deur Clyde Tombaugh by die Lowell Observatory ontdek is.
- 1932 – Die Sydneyhawebrug, 'n belangrike landmerk in Sydney, Australië, word formeel geopen.
- 1982 – Die Falklandoorlog begin met die Argentynse besetting van Suid-Georgia.
- 1998 – Makhaya Ntini word Suid-Afrika se eerste swart nasionale krieketspeler toe hy die land verteenwoordig in 'n vyfdagtoets teen Sri Lanka op die Wanderers.
- 2016 – 'n Boeing 737-800 van die lugredery FlyDubai stort neer en ontplof tydens 'n tweede landingspoging in Rostof aan die Don, Rusland. Al 55 passasiers en ses bemanningslede is op slag dood.
Geboortes
wysig- 1629 – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland († 1676).
- 1849 – Alfred von Tirpitz, Duitse admiraal († 1930).
- 1853 – Elsie Eloff-Kruger, dogter van pres. Paul en mev. Gezina Kruger († 1924).
- 1873 – Max Reger, Duitse komponis, pianis en orrelis († 1916).
- 1905 – Albert Speer, Hitler se argitek en minister van bewapening († 1981).
- 1906 – Adolf Eichmann, Nazi-Duitse SS-offisier en oorlogsmisdadiger († 1962).
- 1910 – Maria Alba, Amerikaanse aktrise († 1999).
- 1916 – Theo Gerdener, joernalis, skrywer, Natalse administrateur, senator, minister van binnelandse sake, leier van die Demokratiese Party († 2013).
- 1925 – Brent Scowcroft, Amerikaanse Lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur († 2020).
- 1928 – Clive van Ryneveld, Suid-Afrikaanse krieketspeler, politikus, prokureur en bankier († 2018).
- 1933 – Philip Roth, Amerikaanse romanskrywer († 2018).
- 1936 – Ken Higgins, Suid-Afrikaanse pianis († 2016).
- 1943 – Engemi Ferreira, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2019).
- 1955 – Bruce Willis, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Jake White, Suid-Afrikaanse rugbyafrigter.
Sterftes
wysig- 235 – Severus Alexander, keiser van die Romeinse Ryk (* 208).
- 1721 – Pous Clemens XI, die 243ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1649).
- 1847 – Karel Lodewijk Ledeganck, Vlaamse skrywer (* 1805).
- 1902 – Johannes Kotzé, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Kaapstad (* 1832).
- 1941 – Nikolai Semenovich Kurnakov, Russiese fisiese chemikus (* 1860).
- 1950 – Edgar Rice Burroughs, Amerikaanse skrywer en skepper van Tarzan (* 1875).
- 1953 – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger (* 1865).
- 1971 – Jan Greshoff, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1888).
- 1993 – Dulcie Howes, Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier (* 1908).
- 2008 – Arthur C. Clarke, Amerikaanse wetenskapsfiksieskrywer (* 1917).
- 2008 – Hugo Claus, Vlaamse skrywer (* 1929).
- 2008 – Paul Scofield, Britse akteur (* 1922).
- 2015 – Steve Mokone, Suid-Afrikaanse sokkerspeler (* 1932).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Sint Josefdag in Katolisisme en Vadersdag in verskeie lande
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 March. |