1860
jaar
1860 |
◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1855 | 1856 | 1857 | 1858 | 1859 | ◄ 1860 ► | 1861 | 1862 | 1863 | 1864 | 1865 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1860 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Abraham Lincoln | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1860 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 60ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
wysig- Die Republiek van Lydenburg word by die Zuid-Afrikaansche Republiek ingelyf.
- Die Nederduits Gereformeerde Gemeente Jacobsdal kom in 1860 tot stand.
- Die eerste Indiërs word as ingeboekte werkers na Suid-Afrika gebring om in die suikerrietvelde van Natal te werk.
- 18 September – Die pouslike Zouave word verslaan by Castelfidardo.
- Abraham Lincoln word tot president van die Verenigde State verkies.
- Savoye word deur Frankryk geannekseer.
Geboortes
wysig- Onbekend – Henry Charles Hull, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 1932).
- 3 April – Frederik van Eeden, Nederlandse skrywer, digter en psigiater († 1932).
- 9 April – Emily Hobhouse, Britse menseregteaktivis († 1926).
- 13 April – James Ensor, Belgiese skilder († 1949).
- 2 Mei – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis en uitgewer, stigter van die Sionisme († 1904).
- 9 Mei – J.M. Barrie, Skotse skrywer († 1937).
- 20 Mei – Eduard Buchner, Duitse chemikus en simoloog († 1917).
- 13 Junie – Groothertog Dmitri Konstantinowitsj van Rusland, seun van groothertog Konstantyn Nikolajewitsj van Rusland en ’n neef van tsaar Aleksander III († 1919).
- 7 Julie – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent († 1911).
- 5 Augustus – Louis Wain, Engelse skilder, wat veral bekend is vir sy skilderye en tekeninge van vermenslikte katte en katjies († 1939).
- 7 September – Anna Mary Moses, beter bekend as Grandma Moses, Amerikaanse volkskunstenares († 1961).
- 3 Oktober – Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland, die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1919).
Sterftes
wysig- 14 Maart – Carl von Ghega, Oostenrykse spoorwegingenieur (* 1802).
- 12 September – Sir Harry Smith, 'n Britse goewerneur en hoëkommissaris aan die Kaapkolonie (* 1787).