1951
jaar
1951 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1946 | 1947 | 1948 | 1949 | 1950 | ◄ 1951 ► | 1952 | 1953 | 1954 | 1955 | 1956 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1951 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Mao Zedong | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1951 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 51ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
wysig- 10 Maart – Die Rhodes-universiteit in Grahamstad, Suid-Afrika, word amptelik ingewy.
- 30 Maart – Remington Rand besorg die eerste UNIVAC I rekenaar aan die VSA-sensusburo.
- 3 Junie – Pous Pius XII verklaar Pous Pius X salig.
- 22 Desember – Die eerste Dusi-kanowedvaart vind plaas.
- 24 Desember – Libië word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- Ludwig von Bertalanffy, ’n Hongaarse bioloog, brei die algemene stelselteorie uit na die veld van biologie.
Geboortes
wysig- 3 Januarie – Frank Chikane, Suid-Afrikaanse teoloog, ANC-politikus en anti-apartheidsaktivis.
- 12 Januarie – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster († 2022).
- 16 Januarie – Wynand Claassen, Suid-Afrika se agt-en-dertigste Springbokkaptein.
- 23 Januarie – Chesley Burnett "Sully" Sullenberger, Amerikaanse vegvlieënier, diplomaat en lugrederyvlieënier.
- 30 Januarie – Phil Collins, Britse rocksanger en musiekvervaardiger.
- 4 Februarie – Dariush Eghbali, Iranse sanger.
- 12 Februarie – Gert Steyn, Suid-Afrikaanse bokskampioen († 2018).
- 17 Februarie – Patricia de Lille, Suid-Afrikaanse politikus.
- 20 Februarie – Gordon Brown, Britse politikus en Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk van 2007–2010.
- 3 Maart – Max du Preez, Suid-Afrikaanse koerantman en politieke ontleder.
- 9 Maart − Helen Zille, Demokratiese Alliansie (DA) politikus.
- 10 April – Steven Seagal, Amerikaanse akteur.
- 17 April – Olivia Hussey, Engelse aktrise.
- 22 Mei – Jonathan Ball, Suid-Afrikaanse uitgewer († 2021).
- 3 Junie – Jill Biden, Eerste Dame van die Verenigde State.
- 13 Junie – Richard Thomas, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger.
- 19 Junie – Ayman al-Zawahiri, al-Kaïda leier († 2022).
- 27 Junie – David Kramer, Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en dramaturg.
- 21 Julie – Robin Williams, Amerikaanse akteur en komediant († 2014).
- 28 Julie – Santiago Calatrava Valla, Spaanse argitek.
- 30 Augustus – Dirk Winterbach, Afrikaanse digter en beeldhouer.
- 12 September – Joe Pantoliano, Italiaans-Amerikaanse akteur.
- 30 September – Wahjoe Sardono Indonesiese akteur, komediant en dosent († 2001).
- 2 Oktober – Sting, Britse akteur en sanger.
- 12 Oktober – Sally Little, Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler.
- 4 Desember – Patricia Wettig, Kanadese aktrise.
Sterftes
wysig- 30 Januarie – Ferdinand Porsche, 'n Oostenryk-Duitse motoringenieur (* 1875).
- 12 Maart – Alfred Hugenberg, Duitse media-entrepreneur en politikus (* 1865).
- 21 Maart – Willem Mengelberg, Nederlandse simfoniedirigent (* 1871).
- 6 April – Robert Broom, Suid-Afrikaanse wetenskaplike, dokter en paleontoloog wat Mev. Ples in die Sterkfontein-grotte ontdek het (* 1866).
- 29 April – Ludwig Wittgenstein, Oostenryks-Britse filosoof (* 1889).
- 4 Junie – Serge Koussevitsky, Russiesgebore dirigent, komponis en dubbelbasspeler. (* 1874).
- 15 Julie – Helena Lochner, Afrikaanse skrywer (* 1892).
- 23 Julie – Robert J. Flaherty, Amerikaanse rolprentmaker en -regisseur (* 1884).
- 14 Augustus – William Randolph Hearst, Amerikaanse uitgewer; onderwerp van die film Citizen Kane (* 1863).
- 15 Augustus – Artur Schnabel, Oostenrykse pianis (* 1882).
- 19 Augustus – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein (* 1872).
- 7 September – Maria Montez, Dominikaans-Franse aktrise (* 1912)
- 14 Oktober – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer bekend vir sy stories van oom Schalk Lourens van die Groot Marico (* 1905).
- 5 November – Reggie Walker, Suid-Afrikaanse atleet (* 1889).
- 4 Desember – Harry Allen, Amerikaanse akteur (* 1883).