Weekliks
SONDAG
14.11.10
REDAKTEUR: Pieter Malan | e-pos: pmalan@rapport.co.za | Telefoon: 021 406 3514 | Faks: 021 406 2934
:::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::::
Die hel wat net oudsoldate ken
IV
Afrikaners ís plesierig
Die regering besef nie dat hul onwilligheid om Afrikaners se
kulturele erfenis te help bewaar uiteindelik die breë SuidAfrikaanse gemeenskap óók verarm nie, skryf Boris Gorelik.
Hierdie benadering beteken
dat baie Afrikaners op die verdediging gaan. Hul reaksie is
om vir hulle ’n spesiale plek in
die samelewing te vra waar
hulle hul kultuur, taal en lewenstyl kan uitbou.
Ek dink dié benadering is
verkeerd. Ek dink met so ’n
selfopgelegde isolasie speel Afrikaners in die hande van dié
wat Afrikaners wil uitrangeer
en van hulle ontslae wil raak.
By die Anglo-Boereoorlog-monument in Bloemfontein staan
’n standbeeld van ’n Boerekryger op ’n perd omring deur ’n
hoë elektriese heining om dit
teen vandale te beskerm.
Vir my lyk dit kompleet asof
die heining ook die kryger
moet beskerm teen veranderende tye.
Die Heldeakker was eens een
van Pretoria se mees gewyde
plekke.
Nou het almal vergeet dat dit
ooit bestaan het – of dit is ten
minste die indruk wat ek gekry
het tydens my laaste besoek.
Miskien is dit omdat die historiese begraafplaas in die afgeleefde stadskern is, ’n plek
waar die meeste wit mense
deesdae bang is om te kom. Of
is dit omdat niemand meer seker is of Andries Pretorius,
Paul Kruger en Hendrik Verwoerd regtig helde was nie?
)))))))))))))))
Ek moet sê, die algemene toestand van die plek doen nie
juis veel om besoekers te lok
nie. Dis donker en grillerig,
selfs op ’n helder somersdag.
Oral is omgekeerde grafstene en
’n gevoel van naderende gevaar
en verval. Maar ten spyte van
die waarskuwings van sommige
Suid-Afrikaanse vriende wat
angstig wou weet of ek “regtig
seker is ek wil soontoe gaan”,
was ek vasbeslote.
Die geskiedenis van die Afrikaner fassineer my sedert ek
tientalle jare gelede vir die eerste keer oor Suid-Afrika begin
lees het. Miskien is ek geprikkel deur die idee van Afrika se
“wit stam” met sy eie taal en
kultuur hier, duisende kilometers van Europa.
In my jonger dae het Sowjetspotprenttekenaars gewoonlik
Afrikaners uitgebeeld as kort,
stewige mannetjies in kortbroeke en tropiese kurkhelms met
’n sambok in die hand. Aan
hul sy was altyd die lang, benerige Uncle Sam (Rusland se
grootste vyand was die Afrikaners se beste vriend).
Eers baie later het ek geleer
van ’n band tussen Afrikaners
en Russe wat baie ver terugstrek: Van Russiese vrywilligers
wat aan Boere-kant in die
Anglo-Boereoorlog geveg het
teen die magtige Britse Ryk en
die groot simpatie wat die Russiese publiek gehad het met
Transvaal en die Oranje-Vrystaat.
)))))))))))))))
As ’n toeris in die hedendaagse Suid-Afrika het Afrikaners ’n spesiale plek in my hart
ten spyte daarvan dat ’n toeris
nie veronderstel is om veel aandag aan hulle te gee nie.
Tog, om mampoer by die
Willem Prinsloo-landboumuseum te drink of ’n maal van
pap en braaivleis te geniet, is
vir my nie minder opwindend
as ’n besoek aan Robbeneiland
of om te luister na mbaqanga
nie.
Boonop is ek lief daarvoor
om plekke te besoek wat in onguns verval het met ’n veranderde politieke situasie, vandaar
my besoek aan die Heldeakker.
By die hek ontmoet ek die
opsigter, ’n vakerige swart man
in sy dertigs wat sê hy werk al
vyf jaar daar.
Ek vra hom om my die beroemde grafte te wys. By die
graf van Andries Pretorius wil
hy, tot my verbasing, by mý
weet wie die man was. Nadat
ek hom vertel het, vra hy my
om die Hollandse grafskrif vir
hom te vertaal.
By die graf van Hans Strijdom, D.F. Malan se opvolger as
eerste minister, bestook hy my
weer met vrae. “Wie was hy?”
)))))))))))))))
’n Boerekryger agter ’n elektriese heining in Bloemfontein. Moet dié heining hom beskerm teen veranderende tye? | FOTO: BORIS GORELIK
wil hy weet. “Hy het oor SuidAfrika regeer, het hy nie?”
Hy was ook nie tevrede met
eenvoudige verduidelikings dat
hulle die “slegte ouens” van die
verlede was nie. Hy wou besonderhede hê.
Vir hom was dit byvoorbeeld
’n openbaring dat Pretorius
dood is lánk voordat die Natte
aan die bewind gekom het.
Maar tog het hy aanvanklik
geweier om langs Oom Paul se
borsbeeld te poseer vir ’n foto.
“Wat sal die mense sê? ’n
Swart man langs Paul Kruger?”
Eers nadat ek hom gerusgestel het dat hy die president
van Transvaal was en nie van
apartheid-Suid-Afrika nie, het
hy ingestem: “Goed, kom ons
doen dit dan.”
)))))))))))))))
Die opsigter van die Heldeakker was duidelik ’n verwarde
man. Sy eerste reaksie was om
die helde van die “ou” SuidAfrika te haat. Tog, toe hy skielik aan dié deel van Afrikanergeskiedenis blootgestel word,
wou hy meer weet daaroor.
En dit is nie die eerste keer
dat so iets met my gebeur nie.
Gedurende my reise deur SuidAfrika ontmoet ek gereeld
swart mense, bruin mense en
Indiërs wat geïnteresseerd lyk
as ek hulle van my Afrikanervriende en my belangstelling in
die Afrikaner-geskiedenis en
-kultuur vertel.
By ’n museum op die Tukkiekampus loop ek ’n swart kunsstudent raak op soek na ’n
paar kunswerke om te beskryf
‘‘
By die graf van
Andries Pretorius wil hy,
tot my verbasing, by mý
weet wie die
man was.
vir ’n werkstuk waarmee sy besig is.
Ek stel toe voor dat sy die
beelde van Anton van Wouw
bestudeer en sy het dadelik van
die idee gehou. Sy was veral
verwonderd oor die manier
waarop Van Wouw swart mense uitbeeld: met waardigheid en
trots.
Ja, ek is bewus van die manier waarop Afrikaners gemarginaliseer word en hoe daar in
die nuwe bedeling soms teen
hulle gediskrimineer word; hoe
Julius Malema “skiet die boer”
sing en hoe daar op plase prakties gehoor gegee word aan sy
oproep.
Suid-Afrikaanse museums en
kunsgalerye vertoon selde die
werke van Afrikaner-meesters
soos Pierneef of Coert Steynberg en hou dié werke meestal
in hul pakkamers. Baie historiese landmerke, soos die huis
van Paul Kruger, is vervalle.
)))))))))))))))
“Maar ons wil steeds nie
Afrikaans op skool leer nie. Dit
is nutteloos.”
Ten spyte hiervan dink ek
baie jong mense van die postapartheidgenerasie is meer oop
vir Afrikaanse kultuur as hul
ouers. Baie van hulle het geleer
om die kaf van die koring te
skei: Hulle verwerp die apartheidideologie, maar bewonder
die kunswerke uit daardie era.
Miskien moet Afrikaners begin om meer regstreeks met dié
groep in gesprek te tree sodat
Afrikaner-geskiedenis op dié
manier ’n integrerende deel van
Suid-Afrika se gedeelde herkoms word. Uiteindelik is dit in
Afrikaners se belang, want as
hulle gerespekteer word, sal
hulle ook gereken word.
Afrikaners het baie om op
trots te wees. Hulle het wêreldklas skilders, beeldhouers en
skrywers; unieke en heerlike
cuisine; ’n opwindende geskiedenis van heldemoed en deursettingsvermoë.
Soos ons Russe is hulle ook
idealiste. (Ek vermoed ’n mens
moet óf ’n idealis óf ’n fatalis
wees om in die “nuwe” SuidAfrika te oorleef.)
My bede is daarom dat dit
nie lank is nie voordat hul mede-Suid-Afrikaners begin besef
dat Afrikaners ook plesierig is.
)))))))))))))))
Dit is veral opsigtelik in stede
soos Pretoria en Bloemfontein
waar die meeste landmerke verband hou met die Afrikaner-geskiedenis. Klaarblyklik is die
plaaslike owerhede nie te gretig
om dit te bewaar nie en waardeer hulle nie hierdie plekke as
die gedeelde geskiedenis van alle Suid-Afrikaners nie.
Die regeerders van die nuwe
Suid-Afrika besef nie dat hul
onwilligheid om Afrikaners se
kulturele erfenis te help bewaar
uiteindelik die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap óók verarm
nie.
Tog ontmoet ek ook op my
reise deur die land baie Afrikaners wat hul land wíl dien.
Hulle wil graag ’n meer aktiewe
rol in hul land speel en, wat
meer is, hulle het die talente
wat die land so broodnodig het.
Die ironie is egter dat die
meeste mense in die land nie
Afrikaans verstaan nie en geen
idee het wat Afrikaners se ware
sentimente is nie. Kan dit wees
dat hierdie pleidooie op dowe
ore val?
By die Hector Pieterson-museum in Soweto begin ek gesels
met ’n groep jong mense wat
passievol is oor hul geskiedenis
en hul verlede. (In teenstelling
met baie Afrikaners wat, so
kom ek agter, nie graag oor hul
geskiedenis praat nie, miskien
versigtig of bang dat apartheid
ter sprake sal kom.)
Toe ek hulle vra of hulle enige wrok oor die verlede teen
Afrikaners koester, was die antwoord ’n eenstemmige nee.
Die opsigter by die Heldeakker in Pretoria. | FOTO: BORIS GORELIK
Boris Gorelik is ’n kopieskrywer by
’n internasionale advertensieagentskap in Moskou. In sy vrye
tyd doen hy navorsing oor Russiese emigrasie na Suid-Afrika.