[go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Augustus Octavianus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Keiser Augustus)
Augustus
1ste Keiser van die Romeinse Ryk
Augustus Octavianus.
Augustus Octavianus.
Regeer 16 Januarie 27 v.C. - 19 Augustus 14 n.C. (vir 40 jare en 215 dae)
Volle naam Gaius Octavius Thurinus
Gebore 23 September 63 v.C.; Rome, Romeinse Republiek
Oorlede 19 Augustus 14 n.C.; Nola, Kampanië, Romeinse Ryk (op 75)
Begrawe Mausoleum van Augustus, Rome
Voorganger Julius Caesar, as leier van die Republiek
Opvolger Tiberius
Adellike huis Julio-Claudiese dinastie
Vader Gaius Octavius
Moeder Atia Balba Caesonia
Eggenote Clodia Pulchra
Scribonia
Livia Drusilla
Kinders Julia die ouere
Gaius Caesar
Lucius Caesar
Agrippa Postumus
Tiberius

Augustus (* 23 September 63 v.C. as Gaius Octavius in Rome; later deur sommige skrywers as aangenome seun Octavianus[1] genoem; † 19 Augustus 14 n.C. in Nola naby Napels) word as die eerste Romeinse keiser beskou.

As grootneef en hooferfgenaam van Julius Caesar het hy die politieke magstryd gewen wat ná die moord op Caesar in 44 v.C. uitgebreek het en in 31 v.C. alleenheerser van die Romeinse Ryk geword. Hy het 'n einde aan die Romeinse burgeroorloë gemaak wat 'n eeu lank gewoed het en was die stamvader van die keiserlike Julies-Claudiese geslagslyn.

Met sy slagsprek restitutio rei publicae ("herstelling van die republiek") het hy aanspraak daarop gemaak dat hy die ou politieke orde sou herstel, maar met sy beleid het hy die republikeinse staatsstruktuur in werklikheid omgeskep tot 'n monargiese stelsel - die sogenaamde prinsipaat, 'n soort militêre diktatuur met diktatoriale magte vir homself. Sy heerskappy het nogtans 'n lang tyd van binnelandse vrede gebring wat later idealiserend as Pax Augusta geteken is.

Veldtogte in Germanië

[wysig | wysig bron]

Augustus se legioene het die Ryn oorgesteek en stadigaan die Germane begin onderwerp. Heelparty stamhoofde het gemeen die proses kan voordelig wees en saamgewerk, en selfs hul seuns na Rome gestuur om as Romeine opgevoed te word.

Een van hulle was Arminius, seun van Segimerus, stamhoof van die Cheruske. Arminius is later terug na Germania, as vriend van die Romeinse goewerneur, Publius Quinctilius Varus. Maar Arminius het gesien hoe wreed die Romeine sy mense behandel, en het dus in die geheim ’n opstand georganiseer.

In September van die jaar 9 n.C. het hy valse berigte van ’n opstand aan Varus laat stuur, wat dadelik met drie legioene uitgeruk het. Arminius, het besef dat hy nie op oop grond met dié uitstekend toegeruste legioene deurmekaar moet raak nie, en Varus dus deur die Teutoburgerwoud laat marsjeer.

Sodoende is die legioene in ’n kilometers lange stoet uitgerek en kon hulle nie in hul normale slagordes veg nie. Op 9 September het die Germane met ’n reeks aanvalle begin, en in die daaropvolgende drie dae is die Romeine stelselmatig uitgemoor totdat hulle uitgewis is. Die Ryn het die vaste grens van die Romeinse Ryk geword.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Die uitgang -anus in Romeinse name word algemeen deur seuns gedra wat aangeneem is. Gaius Octavius het self nie die naam Octavianus vir homself gebruik nie.