Angus Buchan
Angus Buchan | |
---|---|
Angus Buchan op sy plaas in 2018 | |
Gebore | Angus Buchan 5 Augustus 1947 |
Beroep | Boer, evangelis |
Eggenoot | Jill Buchan |
Kinders | Robyn, Jilly, Andrew en Fergus |
Webwerf | angusbuchan.co.za |
Angus Buchan was oorspronklik 'n Zambiese mielie- en beesboer van Skotse herkoms.[1] Nadat hy in 1978 gedwing is om alles, sy plaas inkluis, weens politieke onrus in die land te verkoop, verhuis hy na Greytown, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika.
In 1980 stig hy die Shalom Ministries om vir sy plaaslike gemeenskap te preek.[2] Met verloop van tyd word hy 'n voltydse evangelis, terwyl sy plaas deur albei sy seuns bestuur word. Die Shalom Ministries bedryf die Bet-Hatlaim-weeshuis met ongeveer 25 kinders, en die Halalisani-plaasskool met ongeveer 200 leerlinge.[3]
In 1998 skryf Angus 'n boek oor sy lewe, getiteld "Faith Like Potatoes". Die boek is verfilm en onder dieselfde titel in 2006 uitgereik.
Hy was (saam met die Shalom-trust) die organiseerder van die Mighty Men-konferensies. Die konferensie begin aanvanklik met 40 mense en groei eksponensieel tot daar meer as 200 000 mans in 2009 opdaag.[4][5] Die sewende konferensie in 2010 het meer as 400 000 mans gelok.
Buchan bied tans 'n 30 minute godsdienstige program met die naam Grassroots op e-tv aan. Die program word soggens om 8:00vm uitgesaai en word hoofsaaklik op sy plaas opgeneem.[2][6]
Verdere naleeswerk
[wysig | wysig bron]- Die Mighty Men-verhaal deur Angus Buchan; ISBN 978-1-4316-0393-0
- Faith Like Potatoes: The Story of a Farmer Who Risked Everything for God; ISBN 978-0-8254-6111-8
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Faith Like Potatoes, film oor sy lewe.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Angus Buchan's Biography". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2009. Besoek op 11 Julie 2012.
- ↑ 2,0 2,1 "Shalom Ministries". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 11 Julie 2012.
- ↑ "Halalisani combine". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2010. Besoek op 11 Julie 2012.
- ↑ "Feedback from MMC'09". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2009. Besoek op 11 Julie 2012.
- ↑ "Buchan 'brought back by Jesus'". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2009. Besoek op 11 Julie 2012.
- ↑ "Grassroots". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2011. Besoek op 11 Julie 2012.