6de Dinastie van Egipte
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 6de Dinastie)
Die 6de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie VI geskryf) was die laaste dinastie van die Ou Ryk. Dit het geduur van omstreeks 2345 tot 2181 v.C.
Die 3de, 4de en 5de Dinastie word gewoonlik saam met die 6de Dinastie die Ou Ryk genoem, ook bekend as die tyd van die piramides. Die hoofstad in dié tyd was Memphis.
Heersers
[wysig | wysig bron]Die bekendste heersers van die 6de Dinastie was:[1]
Farao | Troonnaam | Bewind | Hoofstad | Graftombe |
---|---|---|---|---|
Teti | Seheteptawy | 2345-2333 v.C. | Memphis | Piramide van Teti, Saqqara |
Oeserkare | 2333-2331 v.C. | Memphis | Saqqara | |
Pepi I | Nefersahor/Merenre | 2331-2287 v.C. | Memphis | Saqqara |
Merenre I | Merenre | 2287-2278 v.C. | Memphis | Saqqara |
Pepi II | Neferkare | 2278-2184 v.C. | Memphis | Saqqara |
Merenre II | Merenre | 2184 v.C. | Memphis | |
Neitiqerty Siptah | 2184-2181 v.C. | Memphis |
Tydlyn
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, London 2004
Voorafgegaan deur ← 5de Dinastie |
6de Dinastie | Opgevolg deur 7de Dinastie → |