OFC
OFC | |
---|---|
Kenteken van OFC
| |
Engelse naam | Oceania Football Confederation |
Vasteland | Oseanië |
Sportsoorte | Sokker |
Stigting | 1966 |
Gestig in | Auckland, Nieu-Seeland |
President | Lambert Maltock |
Adjunkpresident | Rajesh Patel |
Sambreelorganisasie | FIFA |
Setel | Auckland, Nieu-Seeland |
Lede | 13 |
Amptelike tale | Engels |
Amptelike webwerf | oceaniafootball.com |
OFC is die Oseaniese Sokkerkonfederasie (Engels: Oceania Football Confederation). OFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 15 November 1966 gestig en hulle hoofkantoor is in Auckland, Nieu-Seeland, geleë. Die amptelike taal is Engels en sedert 2011 is David Chung die president van die OFC.
Lidlande is: Papoea-Nieu-Guinee, Nieu-Seeland, eilandstate soos Tonga en Fidji asook ander Pasifiese eilande. Geassosieerde lande is Kiribati, Niue en Tuvalu. Australië breek op 1 Januarie 2006 weg en sluit by AFC (die Asiatiese Sokkerkonfederasie) aan. Nieu-Seeland was tot 1964 lid van die AFC, maar het in 1966 stigtingslid van die OFC geword. Verdere voormalige lede is die Noordelike Mariana-eilande en die Republiek China, wat albei by die AFC aangesluit het.
Lidlande
Presidente
Presidentskap | President | Van | Tot | Nasionaliteit |
---|---|---|---|---|
1 | William Walkley | 1966 | 1970 | Nieu-Seeland |
waarnemend | Jack Cowie | 1970 | 1972 | Nieu-Seeland |
waarnemend | Vic Tuting | 1972 | 1972 | |
2 | Jack Cowie | 1972 | 1978 | Nieu-Seeland |
3 | Arthur George | 1978 | 1982 | Australië |
4 | Charles Dempsey | 1982 | 2000 | Nieu-Seeland |
waarnemend | Johnny Tinsley Lulu | 2000 | 2003 | |
waarnemend | Tautulu Roebuck | 2003 | 2004 | |
5 | Reynald Temarii | 2004 | 2010 | |
waarnemend | David Chung | 2010 | 2011 | Papoea-Nieu-Guinee |
6 | 2011 | 2018 | ||
waarnemend | Lambert Maltock | 2018 | 2019 | Vanuatu |
7 | 2019 | hede |
Sien ook
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie OFC.
- (en) OFC se amptelike webtuiste