Voluut
’n Voluut is ’n spiraal- of krulvormige verbinding by kapitele wat die basis vorm van die argitektuurstyl die Ioniese orde. Dit is later ook gebruik by Korintiese kapitele. Daar is gewoonlik vier aan ’n Ioniese kapiteel, agt aan ’n Komposiete kapiteel en kleiner weergawes (soms helikse genoem) aan ’n Korintiese kapiteel.[1]
Die term is afgelei van die Latynse woord voluta ("perkamentrol"). Dit word aangetref in Renaissance- en barokargitektuur en is algemeen in meubelontwerp, asook by silwer- en keramiekware.
Verwysings
wysig- ↑ "Volute". A Dictionary of Architecture and Landscape Architecture. James Stevens Curl. Oxford University Press 2006
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Volute.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia