[go: up one dir, main page]

Hordaland is 'n Noorse provinsie (fylke) wat in die noorde aan Sogn og Fjordane, Buskerud en Telemark in die ooste en Rogaland in die suide grens.

Wapen van Hordaland

Hordaland bestaan uit die distrikte Hardanger, Midhordland, Nordhordland, Sunnhordland en Voss. Midhordland en Nordhordland vorm gesamentlik die distrik Bergen og Omland wat uit Bergen en 17 ander munisipaliteite op Strielandet bestaan. Die administratiewe sentrum van Hordaland is Bergen, Noorweë se tweede grootste stad. Die twee ander stede in die provinsie is Leirvik en Odda.