Debbie
Debbie is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1965 uitgereik is. Die rolprent was aanvanklik omstrede omdat dit 'n ongetroude meisie wat swanger raak, uitbeeld. Dit is oorspronklik 'n ouderdomsperk van 16 jaar opgelê, wat daarna na 21 verander is. Die perk is later opgehef.
Debbie | |
---|---|
Regisseur | Elmo de Witt |
Produksieleier | Jamie Uys |
Draaiboek | Elmo de Witt en andere |
Met | Susanne van Oudtshoorn Leon Le Roux Gert Van den Bergh |
Uitgereik | 1965 |
Speeltyd | 85 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama. Dit het tans geen ouderdomsperk nie.
Hoofrolspelers
wysig- Susanne van Oudtshoorn as Debbie Malan.
- Leon le Roux as Paul.
- Gert van den Bergh as dr. Chris Hugo, Paul se pa.
- Hettie Uys as mev. Malan
- Siegfried Mynhardt as mnr. Malan, Debbie se pa.
- Cobus Rossouw as Bennie, Trudie se verloofde.
- Dawid van der Walt as Pieter le Grange
- Johan du Plooy
- Beryl Gresak as Tina Hugo
- Emsie Botha as Trudi
- Sann de Lange as Hester Schoombie
- Wena Naudé as vrou in kerk
- Cathy Meyers
- June Neethling
- Vonk de Ridder
- Frances Fuchs
- Robert van Tonder
- Deanne de Witt
- Barry Trengove (nie gekrediteer nie)
Storielyn
wysigDie rolprent is gegrond op die boek van Tryna du Toit, Groen Koring. Dit is 'n verhaal wat die waardeverskille tussen konserwatiewe en liberale mense belig en fokus op die stryd van 'n persoon wat in albei wêrelde vasgevang is.
Debbie is 'n plattelandse meisie wat swanger raak en dan eerstehandse kennis opdoen oor die vooroordele van mense en die probleme wat haar as ongehude moeder in die oë staar. Haar eie ouers wil niks met haar te doen hê nie en haar kêrel se ouers stel ‘n aborsie voor. Tussen hierdie verwerping aan die een kant en dwang aan die ander kant, moet sy haar keuse maak.