Daniel Ricciardo
Daniel Joseph Ricciardo (/rɪˈkɑːrdoʊ/ "Ricardo"; gebore 1 Julie 1989) is 'n Italiaans-Australiese renjaer wat by Formule Een betrokke is.[2] Hy het sy debuut in 2011 by die Britse Grand Prix vir die HRT-span gemaak as deel van 'n ooreenkoms met Red Bull Racing, vir wie hy onder sy susterspan Scuderia Toro Rosso getoets het. Ricciardo se permanente bestuurdernommer is 3.
Daniel Ricciardo | |
---|---|
Ricciardo in 2019
| |
Geboortedatum | 1 Julie 1989 |
Geboorteplek | Perth, Wes-Australië |
Nasionaliteit | Australiër |
Aktiewe jare | 2011–tans |
Ou span(ne) | Red Bull-Renault,[1] Renault McLaren-Mercedes |
Span in 2024 | RB-Honda RBPT |
Motornommer | 3 |
Inskrywings | 258 (257 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 8 |
Podiums | 32 |
Loopbaanpunte | 1329 |
Voorste wegspronge | 3 |
Vinnigste rondtes | 17 |
Eerste F1-wedren | 2011 Britse Grand Prix |
Eerste wen | 2014 Kanadese Grand Prix |
Laaste wen | 2021 Italiaanse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Singapoerse Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 17de (6 punte) |
Ricciardo het hom in 2012 voltyds by Toro Rosso aangesluit nadat die span van bestuurders verander het en in 2012 en 2013 met 'n Ferrari-aangedrewe motor gejaag. In 2014 is Ricciardo bevorder tot die Red Bull-span as plaasvervanger vir die uitgetrede Mark Webber tesame met die meervoudige wêreldkampioen Sebastian Vettel. In sy eerste seisoen met Red Bull onder Renault-krag, eindig Ricciardo derde in die kampioenskap met sy eerste drie Formule Een-oorwinnings, in Kanada, Hongarye en België.
Ná twee jaar sonder enige oorwinning het Ricciardo weer na bo-aan die podium op die Maleisiese Grand Prix van 2016 teruggekeer en uiteindelik die derde plek in die kampioenskap vir die tweede keer in drie jaar by die Meksikaanse Grand Prix afgesluit.[3][4] Hy het hierna oorwinnings by die 2017 Azerbeidjanse Grand Prix en die Chinese en Monaco Grand Prix in 2018 bygevoeg. Na 2018 het Ricciardo by Renault aangesluit en vir hulle in die 2019- en 2020-seisoene gejaag. Hierna het hy saam met Lando Norris vir McLaren vir die Formule Een-seisoene van 2021 en 2022 gejaag, maar reeds halfpad deur 2022 aangekondig dat hy die span aan die einde van die seisoen sal verlaat.
Loopbaan
wysigFormule Ford en Formule BMW
wysigRicciardo, gebore in Perth, Wes-Australië, het op negejarige ouderdom met knortjorre begin jaag as 'n lid van die Tiger Kart Club (TKC). In 2005 het hy 'n stokou Van Diemen in die Wes-Australiese Formule Ford- kampioenskap ingeskryf en agtste geëindig in die seisoen.[5] Teen die einde van die seisoen het Ricciardo 'n gehuurde Van Diemen na die Sandown Raceway in Melbourne geneem om aan die nasionale Formule Ford- reeks deel te neem, maar sy ouer motor was nie mededingend nie, want hy eindig 16de, 17de en onttrek tydens die naweek se derde resies.[6] Die volgende jaar wen hy egter 'n beurs vir die Formule BMW Asiatiese kampioenskap by Eurasia Motorsport. Gedurende sy debuutseisoen het Ricciardo twee oorwinnings behaal (albei by Bira) en ook 'n voorste wegspringplek op Zhuhai. Hy het derde geëindig in die bestuurderskampioenskap met 231 punte, 59 punte agter die kampioen Earl Bamber.
In Augustus dieselfde jaar het hy 'n uitstappie met Motaworld Racing gehad om tydens die agtste byeenkoms van die Formule BMW VK- kampioenskap te jaag. Ondanks sy onttrekking uit die eerste ren, het Ricciardo die agtste plek in die tweede ren behaal en drie kampioenskapspunte behaal in sy enigste inskrywing in die Britse kampioenskap. Aan die einde van die jaar het hy saam met Fortec Motorsport die Formule BMW- wêreldfinaal gehaal waar hy in die vyfde posisie geëindig het, net 14 sekondes agter die wenner Christian Vietoris.
Formule Renault
wysigIn 2007 het Ricciardo van kategorie oorgeskakel na Formula Renault met RP Motorsport, wat die Europese en Italiaanse kampioenskap in die kategorie betree het, hoewel hy hoofsaaklik op laasgenoemde reeks gefokus het toe hy 14 wedrenne vir die vier inskrywings vir die Europese kampioenskap ingeskryf het. Hy eindig die jaar sewende in die Italiaanse reeks met 196 punte en behaal 'n enkele podium op Valencia, maar slaag nie daarin om 'n punt aan te teken in sy handvol wegspronge in die Europese wedrenne nie.
Ricciardo het in 2008 vir 'n tweede jaar in Formule Renault vertoef en aan die Europese en Wes-Europese kampioenskap deelgeneem. Teen die einde van die jaar het die jong jaer sy eerste Europese titel in die Wes-Europese Beker behaal en die tweede plek in die Eurocup na die Fin Valtteri Bottas ingeneem.
Formule Drie
wysigIn die middel van die 2008-seisoen het Ricciardo sy Formule Drie-debuut op die Nürburgring gemaak en in die Formule 3-Euro-reeks van SG ingeskryf. Ten spyte van 'n kort ervaring in die motor, kwalifiseer Ricciardo agtste vir die eerste ren wat later in die sesde plek in die ren geword het nadat James Jakes en Christian Vietoris op die rooster gestol het. Heelaas het hy gesukkel in die trurooster-wedren en kon slegs vyftiende eindig.
Ricciardo skuif na die Britse Formule 3-kampioenskap vir die 2009-seisoen vir Carlin Motorsport. Hy het ook sy buiging in die 3,5 liter-wêreldreeks deur die Renault-kampioenskap gemaak en saam met Charles Pic op Tech 1 Racing vir die rondes op die Autódromo Internacional do Algarve in Portugal gejaag. Hy het uit die eerste ren geval, voordat hy vyftiende in die tweede ren geëindig het. Toe hy terugkeer na Formule Drie, het hy sy voorsprong tot 45 punte vergroot voordat hy na die Portugese baan terugkeer het. 'n Oorwinning en 'n derde in die Britsgeregistreerde motors het 'n voorsprong van 64 punte op Renger van der Zande met net 42 gemaak. Dit het beteken dat Ricciardo die eerste Australiese jaer geword het sedert David Brabham in 1989 wat die Britse Formule 3-titel verower het. Net soos Brabham, het Ricciardo die titel verower in 'n motor wat deur 'n Volkswagen-enjin aangedryf is. Ricciardo het die seisoen op 'n hoogtepunt afgesluit en albei die voorposisies vir die laaste ronde van die reeks op Brands Hatch ingeneem. Hy het die eerste ren met vyftien sekondes gewen en vierde geëindig (derde in die Britsgeregistreerde motors terwyl Marcus Ericsson in die uitnodigingsklas gejaag het) in die seisoen-eindwedren.
Ricciardo het sy vennootskap met Carlin voortgesit deur saam met die span na die Grand Prix van Macau te gaan. Ricciardo het vinnig goeie tempo by die baan bemeester, en was die tweede vinnigste (en vinnigste groentjie) agter Marcus Ericsson in die eerste kwalifisering, voordat hy in die vyfde plek in die tweede kwalifisering geëindig het, wat die rooster vir die kwalifiserende ren opgestel het. Na 'n sesde plek in die kwalifiserende ren, moes Ricciardo in die eerste rondte van die hoofwedloop tou opgooi nadat hy 'n muur in San Francisco getref het. Hy het voortgegaan met 'n pap band teen die heuwel op voordat hy die muur van die Solitude Esses getref het en 'n baanversperring veroorsaak het, wat ook sewe van sy mededingers uitgehaal het.
Formule Renault 3.5-reeks
wysigOp 30 Oktober 2009 is Ricciardo deur Tech 1 geteken om aan die 2010-seisoen deel te neem. Hy het in 2009 aan die Autódromo Internacional do Algarve in Portugal deelgeneem en was die spanmaat van Brendon Hartley, 'n ander bestuurder wat gedurende die seisoen vir Tech 1 gery het.
Formule Een
wysigRicciardo het sy debuut aan die stuur van 'n Formule Een-motor gemaak toe hy gedurende 1 tot 3 Desember 2009 vir Red Bull Racing op die Jerez-renbaan getoets het. Op die laaste dag van die toets het hy die vinnigste tyd van die toets met meer as 'n sekonde behaal. Dit het hom as die enigste bestuurder geplaas wat die 1:17-hakie ingeskakel het. Red Bull Racing se spanbestuurder, Christian Horner, het voorgestel dat Ricciardo sy 2010-wêreldmaat Hartley as die toets- en reserwebestuurder van die span mag vervang. Dit blyk toe dat Ricciardo en Hartley die toets- en reserwepligte vir beide Red Bull en die susterspan Scuderia Toro Rosso sou behartig, totdat laasgenoemde uit die Red Bull Junior-span weggelaat is.
Toro Rosso (2012–2013)
wysigOp 14 Desember 2011 is bevestig dat Ricciardo vir die Scuderia Toro Rosso vir die 2012-seisoen saam met die Fransman Jean-Éric Vergne sou ry.
By die Australiese Grand Prix op 18 Maart 2012 het Ricciardo dit reggekry om sy spanmaat Vergne op die laaste rondte in te haal om in die negende plek te eindig en sodoende sy eerste twee wêreldkampioenskapspunte te behaal.
Op 31 Oktober 2012 het Toro Rosso die herondertekening van Ricciardo vir die 2013-seisoen aangekondig.
Red Bull (2014–2018)
wysigRicciardo vervang Mark Webber aan die begin van die 2014 Formule Een-seisoen by Infiniti Red Bull Racing, met Sebastian Vettel, 'n viermalige wêreldkampioen, as sy spanmaat.
2015
wysig2015 was 'n moeilike seisoen vir Ricciardo. Hy ondervind vele betroubaarheidsprobleme met die Renault-kragbron, wat nie die vermoë het om die motors van Mercedes en Ferrari te klop nie. Ricciardo het die seisoen afgesluit in die 8ste plek met 92 punte.
2016
wysigRicciardo behaal agt podiumplekke vir Red Bull, waarvan die hoogtepunt 'n oorwinning in Maleisië was. In Monaco spring Ricciardo voor weg en jaag lank vooraan totdat hy 'n kuipestop moet maak. Toe hy in die kuipe aankom, was sy nuwe stel bande nog nie gereed nie en hy word opgehou, wat hom van die eerste plek beroof. Hy ry tot 2018 vir Red Bull.
Renault (2019–2020)
wysigOp 3 Augustus 2018 word bekend gemaak dat Ricciardo vanaf 2019 vir die Renaultfabriekspan gaan jaag, op 'n tweejaar kontrak.[7]
Op 11 Oktober 2020 het Ricciardo sy eerste podium vir Renault by die Eifelse Grand Prix by die Nürburgring behaal.
McLaren (2021–2022)
wysigOp 14 Mei 2020 kondig McLaren aan dat Ricciardo vanaf 2021 vir hulle sal ry.[8] Lando Norris was sy spanmaat.
Ricciardo het reeds halfpad deur 2022 aangekondig dat hy die span aan die einde van die seisoen sal verlaat. Op 24 Augustus het beide Ricciardo en McLaren aangekondig dat sy kontrak vroeg beëindig word,[9] heel waarskynlik weens sy teleurstellende resultate in 2021 en 2022.
Terug by Red Bull (2023–2024)
wysigIn die 2023-seisoen het Ricciardo teruggekeer na Red Bull Racing as hulle toets-/reserwejaer. Op 11 Julie is aangekondig dat Ricciardo Nyck de Vries by die AlphaTauri-span van Hongarye sal vervang.[10] Op 27 Augustus, tydens die tweede vrye oefening van die Nederlandse Grand Prix, het Ricciardo sy linkerhand se metakarpale gebreek in 'n ongeluk in die Hugenholtz-hoek. Vanaf die Nederlandse Grand Prix het Liam Lawson, die reserwejaer van Red Bull, sy setel vir vyf wedrenne oorgeneem. Ricciardo het ná sy herstel weer aan die Grand Prix in Austin op 21/22 Oktober deelgeneem. Hy behaal die naweek die 12de plek in die naelren en 15de in die hoofren.
Formule Een-uitslae
wysig
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2011 | Scuderia Toro Rosso |
Toro Rosso STR6 |
Ferrari 056 2.4 V8 |
AUS TB |
MAL TB |
CHN TB |
TUR TB |
SPA TB |
MON TB |
KAN TB |
EUR TB |
27 | 0 | ||||||||||||||||
Hispania Racing | Hispania F111 | Cosworth CA2011 2.4 V8 |
GBR 19 |
DUI 19 |
HON 18 |
BEL DNF |
ITA NC |
SIN 19 |
JPN 22 |
KOR 19 |
IND 18 |
ABU DNF |
BRA 20 |
||||||||||||||||
2012 | Scuderia Toro Rosso |
Toro Rosso STR7 |
Ferrari 056 2.4 V8 |
AUS 9 |
MAL 12 |
CHN 17 |
BHR 15 |
SPA 13 |
MON DNF |
KAN 14 |
EUR 11 |
GBR 13 |
DUI 13 |
HON 15 |
BEL 9 |
ITA 12 |
SIN 9 |
JPN 10 |
KOR 9 |
IND 13 |
ABU 10 |
VSA 12 |
BRA 13 |
18 | 10 | ||||
2013 | Scuderia Toro Rosso |
Toro Rosso STR8 |
Ferrari 056 2.4 V8 |
AUS DNF |
MAL 18† |
CHN 7 |
BHR 16 |
SPA 10 |
MON DNF |
KAN 15 |
SIN 3 |
GBR 8 |
DUI 12 |
HON 13 |
BEL 10 |
ITA 7 |
SIN DNF |
KOR 19† |
JPN 13 |
IND 10 |
ABU 16 |
VSA 11 |
BRA 10 |
14 | 20 | ||||
2014 | Infiniti Red Bull Racing |
Red Bull RB11 |
Renault Energy F1-2014 V6 |
AUS DSQ |
MAL DNF |
BHR 4 |
CHN 4 |
SPA 3 |
MON 3 |
KAN 1 |
OOS 8 |
GBR 3 |
DUI 6 |
HON 1 |
BEL 1 |
ITA 5 |
SIN 3 |
JPN 4 |
RUS 7 |
VSA 3 |
BRA DNF |
ABU 4V |
238 | ||||||
2015 | Red Bull Racing | Red Bull RB11 |
Renault Energy F1-2015 V6 |
AUS 6 |
MAL 10 |
CHN 9 |
BHR 6 |
SPA 7 |
MON 5V |
KAN 13 |
OOS 10 |
GBR DNF |
HON 3V |
BEL DNF |
ITA 8 |
SIN 2V |
JPN 15 |
RUS 15† |
VSA 10 |
MEX 5 |
BRA 11 |
ABU 6 |
8 | 92 | |||||
2016 | Red Bull Racing | Red Bull RB12 |
TAG Heuer F1-2016 V6 |
AUS 4V |
BHR 4 |
CHN 4 |
RUS 11 |
SPA 4 |
MON 2P |
KAN 7 |
EUR 7 |
OOS 5 |
GBR 4 |
HON 3 |
DUI 2V |
BEL 2 |
ITA 5 |
SIN 2V |
MAL 1 |
JPN 6 |
VSA 3 |
MEX 3V |
BRA 8 |
ABU 5 |
256 | ||||
2014 | Infiniti Red Bull Racing |
Red Bull RB11 |
Renault Energy F1-2014 V6 |
AUS DSQ |
MAL DNF |
BHR 4 |
CHN 4 |
SPA 3 |
MON 3 |
KAN 1 |
OOS 8 |
GBR 3 |
DUI 6 |
HON 1 |
BEL 1 |
ITA 5 |
SIN 3 |
JPN 4 |
RUS 7 |
VSA 3 |
BRA DNF |
ABU 4V |
238 | ||||||
2015 | Red Bull Racing | Red Bull RB11 |
Renault Energy F1-2015 V6 |
AUS 6 |
MAL 10 |
CHN 9 |
BHR 6 |
SPA 7 |
MON 5V |
KAN 13 |
OOS 10 |
GBR DNF |
HON 3V |
BEL DNF |
ITA 8 |
SIN 2V |
JPN 15 |
RUS 15† |
VSA 10 |
MEX 5 |
BRA 11 |
ABU 6 |
8 | 92 | |||||
2016 | Red Bull Racing | Red Bull RB12 |
TAG Heuer F1-2016 V6 |
AUS 4V |
BHR 4 |
CHN 4 |
RUS 11 |
SPA 4 |
MON 2P |
KAN 7 |
EUR 7 |
OOS 5 |
GBR 4 |
HON 3 |
DUI 2V |
BEL 2 |
ITA 5 |
SIN 2V |
MAL 1 |
JPN 6 |
VSA 3 |
MEX 3V |
BRA 8 |
ABU 5 |
256 | ||||
2017 | Red Bull Racing | Red Bull RB13 |
TAG Heuer F1-2017 V6 |
AUS DNF |
CHN 4 |
BHR 5 |
RUS DNF |
SPA 3 |
MON 3 |
KAN 3 |
AZE 1 |
OOS 3 |
GBR 5 |
HON DNF |
BEL 3 |
ITA 4V |
SIN 2 |
MAL 3 |
JPN 3 |
VSA DNF |
MEX DNF |
BRA 6 |
ABU DNF |
5 | 200 | ||||
2018 | Aston Martin Red Bull Racing |
Red Bull RB14 |
TAG Heuer F1-2018 V6 |
AUS 4V |
BHR DNF |
CHN 1V |
AZE DNF |
SPA 5V |
MON 1P |
KAN 4 |
FRA 4 |
OOS DNF |
GBR 5 |
DUI DNF |
HON 4V |
BEL DNF |
ITA DNF |
SIN 6 |
RUS 6 |
JPN 4 |
VSA DNF |
MEX DNFP |
BRA 4 |
ABU 4 |
6 | 170 | |||
2019 | Renault | Renault R.S.19 | Renault E-Tech 19 V6 turbo | AUS DNF |
BHR 18† |
CHN 7 |
AZE DNF |
SPA 12 |
MON 9 |
KAN 6 |
FRA 11 |
OOS 12 |
GBR 7 |
DUI DNF |
HON 14 |
BEL 14 |
ITA 4 |
SIN 14 |
RUS DNF |
JPN DSQ |
MEX 8 |
VSA 6 |
BRA 6 |
ABU 11 |
9 | 54 | |||
2020 | Renault | Renault R.S.20 | Renault E-Tech 20 V6 turbo | OOS DNF |
STI 8 |
HON 8 |
GBR 4 |
70J 14 |
SPA 11 |
BEL 4V |
ITA 6 |
TOS 4 |
RUS 5 |
EIF 3 |
POR 9 |
EMI 3 |
TUR 10 |
BAH 7 |
SAK 5 |
ABU 7V |
5 | 119 | |||||||
2021 | McLaren | McLaren MCL35M | Mercedes-AMG F1 M12 E Performance V6 turbo |
BHR 7 |
EMI 6 |
POR 9 |
SPA 6 |
MON 12 |
AZE 9 |
FRA 6 |
STI 13 |
OOS 7 |
GBR 5 |
HON 11 |
BEL 4 ‡ |
NED 11 |
ITA *31V |
RUS 4 |
TUR 13 |
VSA 5 |
MXS 12 |
SAP DNF |
KAT 12 |
SAU 5 |
ABU 12 |
8 | 115 | ||
2022 | McLaren | McLaren MCL36 |
Mercedes-AMG F1 M13 E Performance |
BHR 14 |
SAU DNF |
AUS 6 |
EMI 618 |
MIA 13 |
SPA 12 |
MON 12 |
AZE 8 |
KAN 11 |
GBR 13 |
OOS 9 |
FRA 9 |
HON 15 |
BEL 15 |
NED 17 |
ITA DNF |
SIN 5 |
JPN 11 |
VSA 16 |
MXS 7 |
SAP DNF |
ABU 9 |
11 | 37 | ||
2023 | AlphaTauri | AlphaTauri AT04 | Honda RBPTH001 1.6 V6 t |
BHR |
SAU |
AUS |
AZE |
MIA |
MON |
SPA |
KAN |
OOS |
GBR |
HON 13 |
BEL 16 |
NED WD |
ITA |
SIN |
JPN |
KAT |
VSA 15 |
MXS 7 |
SAP 13 |
LSV 14 |
ABU 11 |
17 | 6 | ||
2024 | RB | RB VCARB 01 |
Honda RBPTH002 1.6 V6 t |
BHR 13 |
SAU 16 |
AUS 12 |
JPN DNF |
CHN DNF |
MIA 415 |
EMI 13 |
MON 12 |
KAN 8 |
SPA 15 |
OOS 9 |
GBR 13 |
HON 12 |
BEL 10 |
NED 12 |
ITA 13 |
AZE 13 |
SIN 18V |
VSA |
MXS |
SAP |
LSV |
KAT |
ABU |
17th* | 12* |
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
- * Seisoen nog aan die gang
- † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
- ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
Verwysings
wysig- ↑ "Dan's the man for 2014" (in Engels). Red Bull Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2019. Besoek op 2 September 2013.
- ↑ "Daniel Ricciardo says move to Ferrari from Red Bull not very likely". abc.net.au. 1 Julie 2015. Besoek op 31 Julie 2020.
- ↑ "Daniel Ricciardo Wins Malaysian Grand Prix in a Red Bull Sweep". New York Times. Besoek op 2 Oktober 2016.
- ↑ "How Daniel Ricciardo ended up finishing third in the Mexican Grand Prix". Fox Sports AU. Besoek op 30 Oktober 2016.
- ↑ "2005 Western Australian Formula Ford Championship Final Pointscore". formulaford1600.com.au. Australian Formula Ford State Racing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2009. Besoek op 30 Januarie 2010.
- ↑ "Betta Electrical Sandown 500 – Rd 9 2005 V8 Supercar Series Sandown International Motor Raceway 2005 Australian Formula Ford Championship Qualifying". National Software. AVESCO; Melbourne University Car Club Inc. 10 September 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2012. Besoek op 30 Januarie 2010.
- ↑ (nl) Ricciardo in 2019 teamgenoot van Hülkenberg bij Renault[dooie skakel]
- ↑ (nl) Amptelik: Daniel Ricciardo verlaat Renault vir McLaren
- ↑ "McLaren Racing - Daniel Ricciardo to leave McLaren Racing at the end of 2022". www.mclaren.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2023. Besoek op 24 Augustus 2022.
- ↑ redbullracing:When the news drops that you’ll be back on the #F1 grid at the next race